WagVoorbeeld
![Wait](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24066%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Het jy al ooit daardie foto's van eienaars gesien wat soos hulle troeteldiere lyk? Of pare wat op 'n vreemde manier na mekaar lyk?
Daar word gesê, met die verloop van tyd, word ons al hoe meer soos diegene by wie ons ons tyd deurbring. Dit mag moontlik waar wees van voorkoms — of dalk nie — maar dis beslis waar van karaktereienskappe en geaardhede.
Dit is ook waar ten opsigte van ons verhouding met Jesus.
Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe meer word jy soos Hy.
Paulus praat oor hierdie werklikheid in Galasiërs. Namate jy tyd saam met God deurbring en die Heilige Gees toelaat om in jou lewe te werk, begin sekere eienskappe in jou te groei. Paulus verwys na hierdie eienskappe as die vrug van die Gees.
Ons het oor die laaste paar dae baie oor geduld gepraat. Die waarheid is dat daar geen kortpad is om meer geduld aan te leer nie. Dit sal nie oornag gebeur nie. Dit is iets wat in jou groei wanneer jy vir Jesus volg en tyd saam met Hom deurbring.
Het jy 'n gereelde tyd wat jy aan Jesus wy? Is dit deel van jou daaglikse ritme en roetine? Indien nie, wat kan jy doen om dit daarby in te sluit?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Wait](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24066%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dag reis waar ons dit uitpluis.
More