WagVoorbeeld

Wait

DAG 9 VAN 10

Jesaja skryf aan 'n groep mense wat al vir 70 jaar in ballingskap lewe. Hulle het al hopeloos begin voel en het geglo God het van hulle vergeet en hulle verlaat. 

Miskien kan jy jou daarmee vereenselwig.

Jesaja sê vir hierdie groep mense hulle moet op die Here wag.

Om op die Here te wag is 'n herhalende tema regdeur die Skrif. Dit kom 14 keer in die Psalms voor en nog verskeie kere in die Ou Testament. 

Wat beteken dit om op die Here te wag?

In wese is dit 'n leefstyl van geduld — dit is om God in alle omstandighede en met alle mense te vertrou — selfs wanneer dinge nie volgens jou planne verloop nie.

Om op die Here te wag, is om te erken jy het nie beheer oor die situasie nie en om eerder te kies om jou vertroue in God te plaas, wat wel beheer oor die situasie het. 

Wag jou hart op die Here? Vertrou jy Hom? Is dit vir jou moontlik om die mite dat jy beheer oor jou omstandighede moet hê, te laat vaar en gelowig die beste te doen waartoe God jou in staat stel? 

Watter situasie in jou lewe moet jy nou aan God oorhandig en sê: "Vader, ek weet nie wat U hier gaan doen nie, maar ek vertrou U"?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Wait

Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.

More

Baie dankie aan LCBC Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lcbcchurch.com/students