WagVoorbeeld
Het jy al ooit gewens jy was al verder op jou lewenspad as wat jy is?
Miskien het jy die punt bereik waar jy gereed is om met hoërskool klaar te maak en te gradueer. Dit het die punt bereik waar jy nie meer jou beste gee nie en jou houding het negatief geword.
Miskien maak jy aanmekaar dieselfde soort foute. Jy wens jy was al verder op jou geloofspad en jy hou aan bid en vra God om jou daarmee te help, maar dit lyk asof niks verander nie. Jy mag dalk ongeduldig raak met God en voel asof Hy nie regtig daar is vir jou nie.
Daar is 'n miljoen situasies wat ons so kan laat voel.
Alhoewel dit lekker is om na die toekoms uit te sien en daaroor opgewonde te raak, is daar tye wanneer dit in onverdraagsaamheid of rusteloosheid kan verander. Ons word ongeduldig met ons huidige omstandighede.
Abram en Sarai wou baie graag 'n kind hê. Hulle het al 'n lang tyd gewag, maar het ook nie jonger geword nie. Dus neem hulle dinge toe in hulle eie hande.
Sarai het haar slavin, Hagar, vir Abram gegee om by te slaap. Kortliks, Hagar het swanger geraak en vir Abram 'n kind, Ismael, gegee. Dit het egter 'n nadelige gevolg gehad — mense het bitter, seergemaak en verraai gevoel. Lees die hele verhaal vir al die besonderhede.
Abram en Sarai was nie geduldig nie.
God het goeie dinge vir hulle beplan. Hy sou uiteindelik vir hulle hul eie kind, Isak, gee. Abram en Sarai het egter ongeduldig met hulle omstandighede geraak en het God vooruitgeloop.
Moenie God vooruitloop nie. Moenie so gefokus raak op eendag dat jy misloop wat God vandag vir jou wil gee nie.
Aangaande hierdie leesplan
Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.
More