WagVoorbeeld
Volgende keer as jy voel jy gaan jou humeur verloor omdat iemand anders se fout jou iets gaan kos — herinner jouself wat jou foute vir Jesus gekos het.
Jy is nie perfek nie.
God is geduldig met jou. Jy verbrou keer op keer en tog is God altyd daar met liefde en vergifnis.
God het sy belofte nagekom om jou van sonde te red.
Dit is die rede hoekom Jesus gesterf het en weer opgestaan het.
Wanneer jy ongeduldig word, laat toe dat daardie gevoel jou aanmaan en herinner dat jy 'n geleentheid het om die geduld te illustreer wat God elke dag aan jou bewys.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.
More