WagVoorbeeld

Wait

DAG 2 VAN 10

Een rede hoekom ons wil ingryp om beheer oor ons lewens te neem, is omdat ons nie altyd glo dat God ons beste belange op die hart dra nie. 

Ons sien al die slegte dinge in ons wêreld en in ons lewens en wonder wanneer God gaan optree. Ons wens Hy wil gou maak en iets doen — nou!

Konflik en moeilikheid was nie vir Dawid vreemd nie. Hy het 'n groot deel van sy jeugjare deurgebring om van koning Saul, wat hom wou doodmaak, te vlug. Hy moes een van sy kinders hanteer wat die troon by hom wou oorneem. Dawid het in baie gevegte geveg en was bekend met oorlog. 

Hy het deur baie moeilike omstandighede gegaan. 

Tog sê hy hier, dit maak nie saak waarmee die vyand besig is nie — vertrou op God. Wees geduldig met God se tydsberekening. Vertrou dat Hy jou beste belange op die hart dra en vir jou sal sorg.

Beteken dit dat pynlike situasies en omstandighede in ons lewens minder seer sal maak? Nee. 

Ons kan wel ons siening verander. 

Waardeur jy ook al gaan, voordat jy probeer om beheer oor die situasie te neem — gaan na God toe. Vra Hom wat Hy jou moontlik in hierdie situasie wil leer. Vra om sy leiding en wysheid soos jy die dinge hanteer wat oor jou pad kom.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wait

Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.

More

Baie dankie aan LCBC Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lcbcchurch.com/students