Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Soek berou; moenie met verligting skik nie.
Een ding wat Saul in sy geestelike lewe kortgekom het, is berou. Hy het baie verskonings gemaak en ander mense blameer, maar hy het nooit berou getoon nie. Hy het verskoning gevra sodat hy Samuel sover kon kry om hom daarvoor te vereer, maar daar was geen teken van ware berou nie.
Daar is geen manier hoe jy in gemeenskap met die Heilige Gees kan bly sonder 'n nederige, berouvolle hart nie. Sonde breek God se hart; daarom moet sonde ook jou hart breek. Jy moet 'n boetvaardige hart hê wanneer jy God gefaal het.
Net soos Saul, is ek ook dikwels geneig om verligting te soek, eerder as berou. Ek wil so graag hê God moet die pyn en skuld verwyder, maar nie my hart verander en sonde met wortel en tak uitroei nie. Ek sê graag: "Ek is jammer" in plaas daarvan om te sê: "maak van my u gehoorsame dienaar Here". Ek wil hê God moet die simptome van my sonde verwyder, maar nie die sonde self nie. Dit grief die Heilige Gees. Hy verwag 'n ommekeer van my af.
In sy foltering, nooi Saul musikante uit om hom te vermaak in plaas daarvan om die profeet te nooi om hom daarvan te verlos. Die demoonbesete koning soek eerder na vermaak as na verlossing. Hy is tevrede om met verligting te skik, nie met berou nie. Dis geen wonder dat die Heilige Gees daardie soort houer verwerp het nie.
Pyn en skuld is soos die flikkerende liggie op jou motor se paneelbord wat aandui dat daar 'n probleem is. Dis nie baie slim om 'n elektrisiën te vra om die gloeilampie in die paneelbord te vervang, eerder as om na 'n werktuigkundige te gaan om die motor te herstel nie. Berou is om die probleem te herstel. Saul het oomblikke van verligting beleef, maar 'n leeftyd van foltering. Hy het selfs soms geprofeteer toe Hy God nog nie geken het nie. Ek dring by jou aan om nooit berou te ontgroei nie.
Toe ek Psalm 51 oor Dawid se berou gelees het, kon ek sien waarom God hom liefgehad het. Dawid het nie verskonings gemaak of iemand anders beskuldig nie. Hy het sy sonde erken, daaroor gehuil, by God gepleit en na Hom gesoek, "die werktuigkundige" wat mense herstel. Saul aan die anderkant, het verskonings gemaak, ander beskuldig en sy hoof besorgdheid was nie om God te soek nie, maar om seker te maak dat hy nie sy titel en posisie verloor nie.
As jy belangstel om meer hieroor te lees, kan jy na my e-boek gaan kyk "7 Benefits of Walking in the Holy Spirit" by vladimirsavchuk.com
Aangaande hierdie leesplan
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More