Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Toe die Heilige Gees op Saul gekom het, het hy die stad gaan red. Toe die Heilige Gees Saul verlaat het, wou hy sy eie titel red. Die Heilige Gees word aan ons gegee sodat ons kan help om Jesus se agenda te vervul om die wêreld te bereik. Die Gees word nie op ons as gelowiges uitgestort om ons beroemd, ryk of bekend te maak nie.
Sonder die Heilige Gees word ons behep met titels, status en range. Met die Heilige Gees, gee ons om oor sy roeping, doel en missie.
Sonder die Heilige Gee is mense altyd op hul innerlike gefokus, onseker van hulself, voel op alles geregtig, neem maklik aanstoot, oordrewe agterdogtig, uiters jaloers, leef om deur ander geprys te word, gereed om met die geringste kritiek moed te verloor en blameer altyd ander. Met die Heilige Gees, word siekes genees, duiwels uitgedryf, verlorenes gered, die wêreld beïnvloed en word geen ag geslaan op wat mense van hulle sê nie.
Kom ons bid saam.
Heilige Gees, vervang die spanning en druk in my met u Heilige ontspanning.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More