Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

DAG 6 VAN 10

Terwyl die Heilige Gees op Saul was, het hy sy vyande gespaar. In daardie tyd was Saul vriendelik, vergewensgesind en simpatiek teenoor sy vyande. Dit is die teken van 'n Geesvervulde lewe. 

Nadat die Heilige Gees hom egter verlaat het, het Saul sy vorige vriende en familielede probeer vermoor. Na Saul se eerste oorwinning, het die mense vir Samuel genader omdat hulle die rebelle wou doodmaak wat aanvanklik teen Saul gemurmureer het. Toe Saul daarvan te hore kom, wou hy nie hê dat enigeen leed aangedoen word nie. Plaas dit nou in teenstelling met die tyd nadat die Gees van God uit Saul gegaan het. Toe het hy baie moeite gedoen om Dawid te probeer vermoor en hom vir veertien jaar vervolg — sy eie skoonseun, 'n dapper man wat dikwels sy lewe vir Saul op die spel geplaas het.

Die Heilige Gees help ons om nie op mense se ongunstige kommentaar of optrede te reageer nie, maar om stil te raak en op God se manier te reageer. Wanneer die Heilige Gees ons gevul het, sal Hy ons help om daardie negatiewe gevoelens te verwerk wanneer ons gekritiseer, aangeval, ondermyn of oorgesien word. Ons menslike geneigdheid is om terug te veg, om ons naam te verdedig en betrokke te raak in gevegte wat nie ons s'n is om te stry nie. Dit word reaksie genoem. Sonder die Heilige Gees reageer ons op die pyn wat deur ons vyande veroorsaak word. Met die Heilige Gees, reageer ons op 'n manier wat God te midde van daardie seer sal behaag. 

Kom ons bid saam.

Heilige Gees, vervang die nag in my met die dag.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com