Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Bly klein in jou eie oë.
Toe God vir Saul gesalf het, was hy so klein in sy eie oë, dat hy homself nie as waardig geag het om 'n koning te wees nie, en gaan wegkruip het. Tog, met die koms van sy titel, beroemdheid en rykdom, het Saul verwaand geraak, met 'n opgeblase eiewaarde wat daartoe gelei het dat hy sy honger na God verloor het.
Jou netto waarde behoort nie jou eiewaarde te beïnvloed nie. Jou titel behoort nie jou selfbeeld te vergroot nie. Daardie dinge is almal geskenke wat God vir jou leen, maar voor God moet jy nederig, honger en heilig bly. Wanneer jy niks is nie, word God alles. Dis wanneer jy in jou eie oë groot word, wat God in jou hart klein word. Dit is so gevaarlik!
Martin Luther het gesê: "God het die mens uit niks geskep en solank ons niks bly, kan Hy iets uit ons maak." Nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar om minder aan jouself te dink.
Solank jy klein in jou eie oë bly, sal God altyd groot wees. Bly dus nederig. Bly honger. Moenie so deur al God se goed betower word dat jy jou betowering met God self verloor nie. Maak van God jou doelwit, nie 'n middel om jou doelwitte te bereik nie.
Aangaande hierdie leesplan
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More