Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

DAG 8 VAN 10

Betaal die prys om bestendig in jou strewe na God te wees. 

Alhoewel Saul goed begin het, het hy nie die prys betaal deur getrou op koers te bly nie. Om nie op die Here te wag nie, was Saul se eerste groot fout. Hy het nie vir Samuel gewag nie, maar self as geestelike leier opgetree. Omdat hy nie gewag het nie, het God hom kom sê dat hy nie kan voortgaan om koning te wees nie. God het iemand beter gekry, nie 'n beter leier, beter vegter of selfs beter koning nie, maar 'n beter man. Wat was soveel beter aan hierdie man wat God gekry het om Saul mee te vervang? 

God het iemand gekry wat 'n man "na sy hart" was. Saul het nie na God gestrewe nie. Dis nie dat Saul se sonde baie was nie, maar sy begeerte na God was maar flou. Dawid se kwalifikasie vir die koningskap was dat hy God se hart opgesoek het. Dawid was nie volmaak nie; maar hy was passievol. Hy het na God gestrewe; hy was nie passief nie. 

Passie en volharding wat geïntegreer is, help ons om bestendig te wees. Bly op koers. Wees getrou in jou tyd saam met God. Moenie daardie kosbare gemeenskap vir enigiets verruil nie. Volhard in gebed, om te vas en op te offer. 

Kom ons bid saam. 

Heilige Gees, ons gaan voort om in u kosbare arms te ontspan.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com