Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

DAG 4 VAN 10

Toe die Heilige Gees op Saul gekom het, het die vrees van God oor sy mense gekom. Sy moedige daad om sy osse dood te maak, het 'n baie sterk boodskap aan die volk gestuur, maar dit het hulle nie bang gemaak nie. Dit het die vrees van God oor hulle gebring. As Saul gemeen en wreed was, sou die mense vir hom bang gewees het. In plaas daarvan, het Saul se dapper daad wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, die vrees van God en inspirasie aan die mense gebring. Die mense het begin om God te vrees, nie hul leier nie.

Wanneer mense vir hulle leiers bang is, is dit 'n teken dat die leier nie in die Heilige Gees wandel nie. Wanneer ons in die Heilige Gees wandel, ontwikkel 'n vrees van die Here, nie 'n vrees vir die leier nie.

Die Heilige Gees veroorsaak dat mense in die vrees van God wandel, nie in vrees vir mense nie. Om God te vrees is nie dieselfde as om vir God bang te wees nie. Inteendeel, die vrees van God veroorsaak juis dat ons onsself weg van sonde na Hom toe haas; maar om deur God geïntimideer te voel, veroorsaak dat ons weghardloop en gaan skuil. Die vrees van die Here is om in verwondering, eerbied, die hoogste respek en uiterste agting en bewondering vir Hom te hê.

Ongelukkig leef ons vandag in 'n geslag waar baie gelowiges sê hulle het 'n verhouding met God, maar hulle het 'n gebrek aan eerbied vir Hom, hulle gebruik selfs sy Naam ydellik. Om nie deur die Heilige Gees vervul te wees nie, lei tot 'n gebrek aan sprakelose verwondering in God se teenwoordigheid.

Na Saul se ongehoorsaamheid, het die Heilige Gees hom verlaat. In plaas daarvan dat die volk vir God gevrees het, het hulle vir hul koning bang geword. Raai wat? Saul het ook vir die volk bang geword. Trouens, na sy ongehoorsaamheid aan God, het Saul besluite geneem wat op sy vrees vir die volk gebaseer was. Terwyl Saul met die Heilige Gees vervul was, was hy nie bang vir wat enige mens oor hom gedink of gesê het nie, want hy was op God gefokus. Toe Saul sy fokus van God af weggeneem het, het hy besorgd geword en is regeer deur wat ander van hom dink. Die vrees van mense het Saul gelei om hulle te probeer behaag. Sy fokus het geskuif en hy het God uit die oog verloor.

Om vol van die Heilige Gees te leef, is om die vrees van God in ons te hê wat ons van die vrees van mense verlos. Eerder as om mense te vrees, begin ons om hulle lief te hê, na waarde te skat en hulle te lei.

Kom ons bid saam.

Heilige Gees, vervang die angs in my met baie vertroue in U.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Signs of Walking in the Holy Spirit

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com