Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Met die Heilige Gees in hom, is Saul met moed gevul wat amper aan roekeloosheid gegrens het. Hy het sy osse geslag en daarmee 'n baie sterk boodskap na die Israeliete gestuur. Hy was vasbeslote, moedig en dapper. Jare later, weens sy ongehoorsaamheid, het die Heilige Gees hom egter verlaat. Saul het paranoïes en bang geword en soos 'n lafaard opgetree.
Wanneer ons met die Heilige Gees vervul is (in algehele oorgawe), word ons met moed gevul; maar wanneer ons deur ons "eie ek" beheer word, bly ons gewoon of "gebalanseerd". Mense wat gebalanseerde lewens lei, verander nie die geskiedenis of maak groot impak op die wêreld om hulle nie. Dit is die mense wat 'n geloofstree gee, risiko's neem en moedig is, wat onthou word en 'n invloed op die wêreld het.
Op die stadium wat koning Saul versigtig opgetree en veertig dae vir Goliat gewag het om die eerste skuif te maak, het Dawid op die toneel verskyn. Sonder enige militêre ervaring of 'n profetiese woord om teen die reus te veg, het Dawid homself in die stryd teen Goliat gewerp. Dawid het moed gehad — iets wat Saul verloor het. Hy was nie dom of roekeloos nie. Dawid het 'n verhouding met die Heilige Gees gehad. Verhouding lei tot risiko; risiko lei tot beloning. Saul het nie sy verhouding met die Heilige Gees waardeer nie en nou het hy die prys daarvoor betaal — hy het sy moed verloor. Hy het "gebalanseerd" geword. Hy het sy dapperheid verloor; hy het versigtig geword. Hy het sy geloof verloor; hy wou nie risiko's neem nie.
Intimiteit is die sleutel tot moed. Moed is die sleutel tot wonderwerke. Iemand wat 'n gebalanseerde, berekende lewe lei, sal nie daarvan droom om vorentoe te tree om vir iemand se genesing te bid nie. Wanneer iemand die moed het wat die Heilige Gees gee, sal die persoon vorentoe tree en vir genesing bid. Die persoon sal die moed hê om op die water te loop, om selfopofferend te gee, om demone uit te dryf, en die moed hê om sy geloof met 'n vreemdeling te deel. As jy nie vorentoe tree om 'n risiko te neem nie, is daar geen kans op sukses nie. Hou op om versigtig te wees!
Gaan in jou veilige ruimte, ontwikkel intimiteit met die Heilige Gees en tree dan na vore en lewe in die geloofsone.
Kom ons bid saam.
Heilige Gees, vervang die vrees in my met 'n sterk geloof.
Aangaande hierdie leesplan
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More