Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld
Die salwing is die lewe van God wat in ons oorloop. Dit is soos wanneer ons beker vol raak en oorloop. Wanneer ons in die Heilige Gees wandel, veroorsaak Hy dat ons beker in die lewens van ander oorloop. Die salwing is dus die resultaat wanneer ons in 'n intieme gemeenskap met Hom wandel.
Koning Saul het nie hierdie salwing opgesoek nie; die salwing het hom opgesoek toe hy in pas met die Gees van God gewandel het. Salwing het hom die vermoë gegee om die juk van die Ammoniete te verbreek. Toe hy egter in sy trots aangehou het om aan die Here ongehoorsaam te wees, het die salwing hom verlaat en het hy nie teen die vyand nie, maar teen God se gesalfde manne begin veg. Hy het beweeg van die aantrekking van God se salwing deur nederigheid tot die aanval van God se salwing in ander. Hy het die laaste deel van sy lewe deurgebring deur sy skoonseun Dawid, te probeer vermoor. Dawid het verteenwoordig wat Saul eers was — gevul en gelei deur die Heilige Gees.
Dawid het nie vir Saul aangeval nie, want sy salwing was om te beskerm. Saul het vir Dawid aangeval omdat daar geen salwing meer in hom oor was nie. God se manne en vroue het almal foute — ook dié in die Bybel het sonde en swakhede gehad — so ook diegene wat vandag deur God gebruik word. Wanneer ons die Heilige Gees in ander vereer, beteken dit nie dat ons hulle menslikheid of tekortkominge ignoreer nie. Wanneer ons dit egter ons doelwit maak om ander te vernietig bloot omdat ons nie met hulle styl saamstem nie, of omdat ons jaloers is oor die guns waarin hulle wandel, of om hulle van dwaalleer te beskuldig omdat ons nie saamstem met wat hulle openbaar nie, moet ons diep in ons harte kyk. Het die soete verskyning van die Heilige Gees ons dalk verlaat? Liewe vriende, ons kan van iemand verskil sonder om hulle te probeer vernietig. Ons wat in die Bybel glo, wat vir Jesus volg, wat gelowig is en met die Gees vervul is, is almal in dieselfde span. As ons enigeen aanval wat deur die Here gebruik word, loop ons nie net God se salwing mis nie, maar ons loop gevaar om die Heilige Gees selfs te bedroef of te belaster.
Kom ons keer terug na Saul se verhaal. Hy het vir Dawid aangeval nadat hy sy verbintenis met die Heilige Gees verloor het. Hy het sy gesag verloor om die ware vyand aan te val; in plaas daarvan het hy 'n vyand van God se uitverkore persoon gemaak. Hy het homself en ander daarvan oortuig dat Dawid 'n verraaier is, maar in werklikheid wat dit net Saul wat sonder die Gees gelewe het.
Kom ons bid saam.
Heilige Gees, vervang die donkerte in my met u sagte lig.
Aangaande hierdie leesplan
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More