Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
God Het Jou Só Baie Lief
Die Bybel sê God is liefde. Dit sê nie God het liefde nie; dit sê God is liefde. Liefde is wie Hy is, dis sy aard. God is liefde.
God het die totale heelal geskep. Hy het ook hierdie planeet geskep; Hy het die menseras geskep; toe het Hy jou geskep omdat Hy jou liefhet.
God het jou as 'n voorwerp van sy liefde geskep. Hy het jou gemaak om jou lief te hê en dat jy Hom kan liefhê. Dit is deur God se liefde vir jou wat jou hart nou klop; sy liefde is die rede hoekom jy asemhaal.
God se goeie nuus nuus is dat Hy jou op jou goeie en slegte dae eweveel liefhet. Hy het jou lief wanneer jy sy liefde kan voel, maar ook wanneer dit voorkom of jy dit nie kan voel nie. Hy het jou lief of jy dink jy verdien sy liefde of nie.
Daar is niks wat jy kan doen dat God jou sal ophou liefhê nie. Jy kan probeer, maar jy sal dit nie regkry nie, want sy liefde is in sy karakter gevestig en nie op enigiets wat jy kan doen of sê of voel nie.
God het jou so liefgehad, dat Hy sy enigste Seun, Jesus, na hierdie wêreld gestuur het: "sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16b).
Jesus het sy arms so wyd soos die kruishout oopgestrek en gesê: "Ek het jou so baie lief! Ek het jou so lief dat dit seermaak. Ek het jou so lief dat ek vir jou sal sterf sodat ek nie sonder jou hoef te lewe nie."
Die liefde van God oortref alle menslike kennis en dis moeilik vir enige van ons om die wydte en lengte en hoogte en diepte van sy liefde vir ons elkeen te begryp (Efesiërs 3:17-19).
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More