Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
God Het vir Jou Werk om te Doen
God het 'n roeping vir jou ver bo wat jy jou ooit kan verbeel. Jy is op die aarde geplaas om 'n bydrae te maak.
Jy is nie geskep om bloot bronne te gebruik nie — om te eet, asem te haal en ruimte in beslag te neem nie. God het jou ontwerp om met jou lewe 'n verskil te maak. Jy is geskep om 'n bydrae aan die lewe op aarde te maak, nie om net daarvan te neem nie. God wil hê jy moet iets teruggee.
Die Bybel sê: "God het ons gemaak ... vir die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het" (Efesiërs 2:10). Hierdie "goeie dade" is jou diens aan die wêreld. Wanneer jy dus ander op enige wyse dien, dien jy eintlik vir God (Kolossense 3:23-24, Matteus 25:34-45, Efesiërs 6:7).
Wat God vir Jeremia gesê het, is ook waar vir jou: "Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy" (Jeremia 1:5a).
Wanneer die meeste mense die woorde "aan My gewy" lees, dink hulle aan leraars, priesters en professionele geestelikes, maar God sê elke lid van sy familie is 'n bedienaar. In die Bybel word die woorde "dienaar" en "bedienaar" as sinonieme gebruik, net soos "diens" en "bediening". As jy dus 'n Christen is, is jy 'n bedienaar en as jy dien is jy in die bediening.
Het jy al gewonder waarom God ons nie sommer onmiddellik hemel toe neem wanneer ons sy genade aanvaar nie? Waarom los Hy ons in 'n gevalle wêreld? Hy los ons hier om sy doelwitte te vervul. As jy eers gered is, is dit God se plan om jou vir sy doelwitte te gebruik. God het 'n bediening vir jou in sy kerk en 'n sending vir jou in die wêreld.
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More