Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 21 VAN 23

Geestelike Volwassenheid is Nie 'n Einde op Sigself Nie

Ons het die opdrag om God te dien. Daarmee was Jesus baie duidelik: "So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense" (Matteus 20:28).

Vir Christene, is diens nie iets wat net êrens by ons roosters ingedruk moet word, ingeval ons daarvoor kans kry nie. Dit is die kern van die Christelike lewe. Jesus het gekom "om te dien" en "te gee" — hierdie twee werkwoorde behoort ook jou lewe op aarde te kenmerk.

Jesus se onderrig was duidelik dat geestelike volwassenheid nooit 'n einde op sigself is nie. Volwassenheid moet lei na bediening. Ons groei om te kan gee. Dit is nie genoeg om net aanmekaar te leer nie. Ons moet op 'n stadium begin beoefen wat ons geleer het en wat ons beweer dat ons glo. Indruk sonder uitdrukking veroorsaak depressie. Studie sonder diens, lei tot geestelike stilstand.

Die ou vergelyking tussen die See van Galilea en die Dooie See bly waar. Die see in Galilea is 'n meer vol lewe, want daar vloei water in en uit. Daarteenoor, leef niks in die Dooie See nie, omdat dit weens geen vloei, 'n stilstaande meer met 'n hoë soutinhoud is.

Die laaste ding wat baie gelowiges nodig het, is om na nóg 'n Bybelstudie te gaan. Hulle weet reeds baie meer as wat hulle in die praktyk toepas. Wat hulle nodig het, is ervaring in bediening sodat hulle hul geestelike spiere kan oefen.

Om te dien is die teenoorgestelde as 'n mens se natuurlike ingesteldheid. Ons is meestal geïnteresseerd om liewer bedien te word as om te dien. Ons sê: "Ek soek na 'n kerk wat in my behoeftes voldoen en my seën," nie: "Ek soek na 'n plek waar ek kan dien en 'n seën kan wees" nie. Ons verwag van ander om ons te dien, nie andersom nie.

Namate ons egter in Christus volwassenheid bereik, behoort die fokus van ons lewens al meer te skuif na 'n lewe van diens. Die volwasse volgeling van Jesus vra nie meer: "Wie gaan aan my behoeftes voldoen?" nie. Inteendeel, hy of sy vra: "In wie se behoeftes kan ek voldoen?"

Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>

 

Luister na gebed
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com