Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 22 VAN 23

God Is Aan Jou Kant

Die wete dat God aan jou kant is, sal jou hele uitkyk op die lewe verander. Jy sal nie langer aan God dink as iemand wat uit die hemel afkyk en "Uitgevang!" skree wanneer jy oortree nie.

God wil hê jou lewe moet suksesvol wees; Hy het jou met 'n doel geskep en wil dus hê jy moet sukses behaal. Dit is God, jou Skepper, wat jou sukses in die lewe gaan meet en niemand anders nie.

Dit is uiters goeie nuus!

Dit beteken jy hoef nie vir God bang te wees nie, want Hy is aan jou kant. Tog is sommige mense so bang vir God dat hulle senuagtig raak, net om van Hom te praat. Weet jy hoekom? Hulle voel skuldig en dan dink hulle: "As ek naby God kom, gaan Hy vir my 'n preek afsteek. Hy gaan my herinner aan alles wat ek verkeerd gedoen het en dan gaan ek nóg slegter voel!"

Niks kan verder van die waarheid wees nie. Die Bybel sê: "God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word" (Johannes 3:17).

As God dan aan ons kant is, wie kan téén ons wees?

Jesus het gekom om ons te verlos, nie te verskrik nie. Daarom het die engel wat die herders van Jesus se geboorte vertel het, heel eerste gesê: "Moenie bang wees nie!"

Trouens, wanneer God aan mense in die Bybel 'n boodskap gestuur het, was dit nie ongewoon dat die eerste woorde altyd was: "Moenie bang wees nie." Daar is 365 boodskappe in die Bybel van God af wat met hierdie frase begin: "Moenie bang wees nie!" Dit beteken dus jy kan vir elke dag van die jaar 'n boodskap van God lees wat vir jou sê: "Jy hoef nie bang te wees nie. Ek is aan jou kant, Ek is by jou, Ek het jou lief."

God is aan jou kant!

Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>

 

Luister na gebed
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com