Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
God Vat Jou Probleem en Maak Dit Syne
Wat is genade? Dit is wanneer God aan jou gee wat jy nodig het, nie wat jy verdien nie. Genade is wanneer God sê: "Ek gaan jou probleem vat en dit Myne maak." Genade is God se rykdom wat jy ten koste van Christus ontvang.
Die Bybel sê: "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie" (Efesiërs 2:8-9). Jy kan dus nie jou pad hemel toe verdien nie. Harde werk gaan jou ook nie daarin kry nie. Dit is 'n gawe.
Ek was drie jaar lank 'n lewensredder, al lyk ek nie meer vandag soos een nie. Elke lewensredder weet, jy kan nie mense red wat hulself probeer red nie. As 'n drenkeling paniekerig rondspartel, weet 'n lewensredder om vir 'n klein rukkie buite die persoon se reik te bly totdat hy of sy moed opgee. As jy probeer om iemand te red terwyl die persoon homself probeer red, sal hy julle albei onder die water trek.
Wanneer die persoon dus uiteindelik opgee, ontspan hy en jy kan jou arm om hom sit en strand toe swem. Dan is dit maklik.
God wil jou red. Jesus Christus wil jou van jou seerkry, jou gewoontes en jou obsessies red. Hy wil jou ter wille van sy doel vir jou en deur sy genade red. Jy moet egter ophou om dit self te probeer doen. Jy moet ontspan. Jy moet laat vaar en aan God oorgee.
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More