Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
Jy Is Geroepe Om Ander te Dien, Nie Jouself Nie
Teen die einde van jou lewe hier op aarde sal jy voor God te staan kom en Hy gaan evalueer hoe doeltreffend jy ander met jou lewe gedien het. Die Bybel sê: "Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee" (Romeine 14:12).
Dink aan die gevolge daarvan. God gaan eendag die hoeveelheid tyd en energie wat ons aan onsself gewy het, vergelyk met wat ons belê het om ander te dien.
Al ons verskonings om ons selfsug en selfbeheptheid te verdedig sal op daardie oomblik hol klink: "Ek was so besig" of "Ek het my eie doelwitte gehad" of "Ek was so vasgevang in my werk, in pret of om vir my aftrede voor te berei." God sal op al daardie verskonings antwoord: "Jammer verkeerde antwoord. Ek het jou geskep, gered, geroep en opdrag gegee om 'n lewe van diens te lei. Wat daarvan het jy nie verstaan nie?"
Die Bybel waarsku ook ongelowiges: "Maar party mense is selfsugtig. Hulle weet wat reg is, maar hulle doen dit nie. Hulle doen graag dinge wat verkeerd is. God sal kwaad bly vir hulle en Hy sal hulle straf" (Romeine 2:8 ABA).
Ons lewe eers werklik wanneer ons ander help. Jesus het gesê: "As jy net vir jouself wil lewe, sal jy uiteindelik jou lewe vir ewig verloor. As jy egter bereid is om alles wat Ek vra vir My te gee, al is dit ook jou lewe, sal jy uiteindelik jou lewe vir ewig behou. Jy moet die keuse doen" (Markus 8:35 DB, Matteus 10:39, Lukas 9:24, 17:33).
Hierdie waarheid is so belangrik, dat dit vyf keer in die evangelies herhaal word. As jy nie diensbaar is nie, bestaan jy net, want die lewe gaan oor bediening. God wil hê jy moet leer om ander in onselfsugtigheid lief te hê en te dien.
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More