Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
Skryf Dit Neer
Lees vandag se Bybelvers.
As jy God wil hoor praat, moet jy jou in 'n stil plek afsonder, geduldig en met verwagting wag, en vir God vra om jou 'n beeld te gee van wat Hy vir jou wil sê. Skryf dan God se antwoorde op jou vrae neer.
In die boek Habakuk het God die skrywer beveel: "Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees" (Habakuk 2:2).
Dit is hoe ons die boek Habakuk gekry het. In hoofstuk een het Habakuk neergeskryf wat hy vir God gesê het. In hoofstuk twee het hy neergeskryf wat God vir hom gesê het.
Dit is ook hoe ons die boek Psalms gekry het; dit is Dawid se stiltetyd. Dawid het oor die eerste vyf boeke van die Bybel, die Tora, gepeins, en sy gedagtes neergeskryf. Hulle word Psalms genoem. In baie van die Psalms begin hy met wat hy voel en eindig dan met wat God sê.
As jou gebedslewe in 'n groef vassit, en jy geneig is om dieselfde dinge oor en oor te bid – "God, wees met hierdie persoon" of "Seën hierdie kos vir die voeding van ons liggame" – moet jy die volgende begin doen: skryf jou gebede uit.
"Wat? Bedoel jy ek hoef hulle nie te sê nie?" Dis reg! Om dit neer te skryf, is 'n gebed. God kan dit in jou gedagtes hoor. Skryf dit net neer.
Is dit reg om 'n gebed uit te skryf en dit dan te lees? Natuurlik is dit. Wanneer jy dit skryf, bid jy. Wanneer jy dit lees, bid jy.
Dit word die geestelike gewoonte van aantekening genoem, en dis iets wat alle Christene moet verstaan en toepas.
'n Aantekeningboek is nie 'n dagboek nie. 'n Dagboek gaan oor die dinge wat jy gedoen het. 'n Joernaal gaan oor lesse wat jy geleer het — foute wat jy gemaak het en wat jy daaruit geleer het.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.