Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
Maak Tyd Om Stil te Wees
Lees vandag se Bybelvers.
God gaan nie met jou praat as jou lewe vol geraas is nie. Jy moet alleen wees en jy moet stil word. Ons noem dit stiltetyd.
Jesus het dit so in Matteus 6:6 gestel: “As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry" (DB).
Die geheim om God te hoor praat en sy visie vir jou lewe te kry, is dit: God wil jou ontmoet.
Jy moet besef dat jy nie vir God wag nie; Hy wag vir jou. God het jou gemaak om 'n verhouding met Hom te hê. Hy wil hê dat jy elke dag tyd saam met hom moet deurbring. Hy wil hê dat jy elke dag 'n afspraak met hom moet maak. God wag.
Om alleen by 'n stil plek uit te kom, is vandag baie moeilik. Ek weet nie of jy besef hoeveel geraas daar in jou lewe is nie. In jou motor is die radio altyd aan, jy dra oorfone of jou Bluetooth is aangeskakel. Elke wagkamer, kruidenierswinkel en hysbak speel musiek. Daar is baie min tyd in jou lewe wanneer dit absoluut stil is.
As jy kinders by die huis het, is dit nog moeiliker! Laat ek jou 'n bietjie hoop gee. Susanna Wesley, een van die groot vroue in die geskiedenis, het 18 kinders gehad. Een van haar seuns, John, het die Metodistekerk gestig en die Christendom oor die westelike deel van Amerika versprei met Metodiste herlewingspredikers, en 'n ander, Charles, het meer as 6 000 gesange geskryf.
Hoe vind jy alleentyd wanneer jy 18 kinders het? In haar biografie lees 'n mens dat Susanna Wesley elke middag in haar gunsteling wiegstoel gaan sit het en haar voorskoot vir 'n uur lank oor haar kop gegooi. het Haar kinders het geweet dat Ma met haar voorskoot oor haar kop net een ding beteken het: "Geen kind pla vir Ma nie of jy is in die moeilikheid!"
Wesley het gesê dit was die gebede van sy ma wat sy lewe gevorm het. Jy kan alleentyd vind as jy desperaat is. Maak tyd om stil te wees en die Here te ontmoet.
Hierdie is 'n © 2014 Rick Warren oordenking. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.