Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
Jy Moet Van God Wil Hoor
Lees vandag se Bybelverse.
Jy gaan God nie hoor tensy jy regtig wil nie. Ek sê nie jy het 'n keuse nie. Ek sê nie dit sal lekker wees nie. Dit is noodsaaklik!
God sal jou nie vertel van sy droom vir jou lewe as Hy weet jy sal daaroor wil redeneer nie. As God vir jou sê waarvoor Hy jou op aarde geplaas het en wat jy hier moet doen, kan jy nie sê: "Laat ek daaroor dink" nie.
Nee! Dit moet 'n noodsaaklikheid wees. Jy moet sê: "Ek moet weet hoekom ek hier is. Ek moet weet wat U wil hê ek met my lewe moet doen. Ek moet u stem hoor. Ek moet u visie hê."
Koning Dawid het in die Psalms geskryf: "Om u wil te doen, my God, is my een begeerte," en "u woord is my hele lewe" (Psalm 40:9).
Dawid was passievol in sy verklaring dat wat hy die graagste wou hê, was om God te eer. Om gehoorsaam te wees en God te volg, was nie vir hom vrye keuses nie. Dit was die enigste ding wat Dawid wou doen. Hy het woorde gebruik om God te soek soos: "Ek verlang daarna," "Ek smag daarna," "Ek is honger daarvoor," en "Ek is soos 'n hert wat smag na water."
Wanneer jy so desperaat is, sal jy van God hoor.
Baie mense praat met God, maar hulle hoor nooit wat God vir hulle sê nie. Gebed is vir hulle 'n monoloog. Jy kan egter nie 'n verhouding hê as jy dit in 'n monoloog toedraai nie. Wat as ek met my vrou praat, maar sy praat nooit met my nie? Dit is nie 'n verhouding nie. Jy moet 'n gesprek hê. Net so belangrik soos wat dit is om in gebed met God te praat, is dit om na God te luister en Hom toe te laat om met jou te praat. Hoe gebeur dit? Eerstens moet jy dit meer as enigiets anders wil hê.
Deuteronomium 4:29 sê: "Daar sal julle weer na die Here julle God begin soek. As julle met hart en siel na Hom soek, sal julle Hom vind" (NLV). Dis 'n waarborg!

Aangaande hierdie leesplan
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.