Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
![Hearing The Voice Of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1281%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat Is Jou Keuse: Jesus of Laataand-TV?
Lees vandag se Bybelvers.
Die rede waarom die meeste mense nooit hoor as God met hulle praat nie, is omdat hulle nooit stadig genoeg beweeg sodat God met hulle kan praat nie. Haastigheid is gebed se ondergang! Beweeg stadiger. Wees stil. Wag met verwagting.
Psalm 37:7 sê: "Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou ...
Die enigste manier hoe jy dit kan doen, is as jy vroeër opstaan, wat beteken dat jy 30 minute vroeër moet gaan slaap. Die besluit kom dus hierop neer: met wie wil jy tyd deurbring, Jesus — of die aanbieders van geselsprogramme op TV? Dit is jou keuse! Aangesien jy nou vroeër gaan opstaan nie haastig gaan wees nie, sal jy tyd met God kan deurbring en jou dag met Hom kan begin.
Daar is niks op TV wat jou lewe sal verander nie. Niks! Om daardie 30 minute dus in die oggend saam met God deur te bring, sal jou lewe verander.
As ek jou vertel dat die koning van Engeland, die president van die VSA, en die pous jou almal persoonlik môreoggend om 04:00 wil ontmoet, sou jy waarskynlik nie eens vanaand gaan slaap nie. Jy sal gaan bad – jy sal waarskynlik twee keer gaan bad! Jy sal 'n 24-uur-haarkapper of skoonheidsalon gaan soek, 'n nuwe pak gaan koop, en jouself deftig maak. Jy gaan 30 minute vroeg wees vir jou afspraak.
Die Skepper van die heelal wil jou môreoggend sien! Jy hoef nie eens aan te trek nie. Jy kan in jou nagklere wees. Jy hoef nie eens jou huis te verlaat nie. Jy moet egter die afspraak beplan. Dit beteken dat jy moet ophou om iets te doen sodat jy kan begin doen wat God wil hê. As jy die kers aan beide kante brand, is jy nie so fris soos jy dink jy is nie. Jy moet besluit wat vir jou belangriker is: nog 30 minute laataand-TV of elke oggend tyd saam met God.
Eendag gaan God jou vra: "Watter een het jy gekies?"

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Hearing The Voice Of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1281%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.