Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld

Hearing The Voice Of God

DAG 6 VAN 11

Gehoorsaamheid Lei tot Vrede

Lees vandag se Bybelverse.

As jy oorweldig of verward voel oor 'n besluit wat jy probeer neem, is jy waarskynlik vasgevang in jouself enluiste nie na God se stem nie. Die Bybel sê: "God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede" (1 Korinthiërs 14:33a). Hy is nie die skepper van verwarring nie. As jy verward voel, raai wat? Dit is nie God se stem wat in jou lewe praat nie.

As jy 'n ouer is, wil jy hê dat jou kinders druk moet voel of verward moet wees as jy hulle vra om iets te doen? Nee. Jy wil hê hulle moet verstaan wat om te doen en dan gehoorsaam wees. God die Vader wil dieselfde vir en van ons hê.

Die enigste tyd wanneer druk geregverdig kan wees, is as God vir jou gesê het om iets te doen, en jy hou aan om "nee" te sê. Dan bou die druk op. Daar is egter altyd vrede wanneer jy "ja" sê vir dit wat God jou vra om te doen.

Die Satan wil ons dwing en dryf, maar God wil ons met deernis nader trek. Die Satan wil voordeel trek uit ons dwang en dit gebruik om ons lewens te dryf. God is ons Goeie Herder. Hy wil ons na Homself en na vrede toe trek.

Peter Lord het altyd gesê: "Negentig persent van wat God vir jou wil sê, is aanmoediging." As al wat jy ooit van God hoor negatiewe boodskappe is, is iets verkeerd. Die drade is gekruis.

As jy voel dat God vir jou gesê het om iets te doen, maar jy het toenemende angs as gevolg daarvan, dan is die drade gekruis. Iets is nie reg nie.

Die Bybel sê vir ons: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:6-7).
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hearing The Voice Of God

Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.