Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld

Hearing The Voice Of God

DAG 3 VAN 11

Is Jou Gedagtegang Te Besig?

Lees vandag se Bybelverse.

Jy kan God nie hoor as jou denke vol ander gedagtes of bekommernisse is nie — veral bekommernisse, planne en bedrywighede. As jy gedurig na die radio of die TV luister wanneer God jou roep, gaan jou gedagtegang te besig wees. Jy moet die afleidings uitskakel.

Jesus sê in Lukas 8:7: "Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik."

Die grond met onkruid daarin is met gewasse beplant en dit begin groei. Soos dit egter groei, groei die onkruid ook, en die onkruid begin die lewe van die groente of die plant verstik, en so dra dit nooit vrugte nie.

Hier is Jesus se verduideliking van Lukas 8:7: "Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie."

Daar is drie dinge wat jou verhoed om God te hoor:

Kommer: Bekommernisse is onkruid. Wanneer jy so besig is met die probleme en druk van die daaglikse lewe, word dit al hoe moeiliker om God te hoor.

Rykdom. Jy kan so besig wees om jou rekeninge te probeer betaal, so besig wees om uit die skuld te probeer kom, so besig wees om meer geld te probeer maak, en so besig wees om te lewe dat jy nie 'n lewe maak nie.

Plesier. Daar is niks verkeerd met plesier nie. God het egter gesê, wanneer jy so besig is om pret na te streef, jy Hom en sy planne vir jou lewe misloop.

Jy hoef nie onkruid te kweek nie. Hulle groei vanself, nie waar nie? Trouens, onkruid is 'n teken van verwaarlosing. As jy onkruid in jou tuin of agterplaas sien, beteken dit dat jy nie jou tuin of agterplaas versorg nie. Die onkruid in jou geestelike lewe is 'n teken dat jy jou tyd met God verwaarloos.

Wanneer al jou gedagtegange besig is, is dit nodig om stil te word.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hearing The Voice Of God

Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.

More

Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.