Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
Vrugte Kom Voort uit Diep Wortels
Lees vandag se Bybelvers.
Gedurende die lente word al die gras in Suid-Afrika groen, die veldblomme en magrietjies blom, en dis regtig mooi. Wanneer dit nie reën nie, word die alles weer bruin. Hoekom? Die gras se wortels is nie diep genoeg om water te kry wat diep onder die grond is nie.
Wanneer 'n plant in vlak grond is, en daar geen wortels is nie, kan dit aanvanklik uitspruit en mooi lyk, maar dit hou lank nie. Dié plante verwelk vinnig omdat hulle nie wortels het nie.
Lukas 8:13 lees: "Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op."
Baie keer hoor ons die Woord van God en raak opgewonde daaroor, maar ons laat nie toe dat dit ons verander nie. Ons tree oppervlakkig op. Ons reageer emosioneel. Ons tree impulsief op. Ons neem nie tyd om dit te laat insink nie.
Wil jy regtig so wees? Nee! Jy wil 'n diep mens wees, nie 'n oppervlakkige mens nie. Jy wil 'n persoon met diep geestelike wortels wees sodat wanneer droogtes aanbreek, en dit 'n paar jaar duur, jy in staat sal wees om aan te hou vrugte dra. Wanneer die woeste winde opkom en iemand in jou gesin word siek of sterf, waai die beproewing jou nie weg nie, want jy het wortels.
Hoe ontwikkel jy geestelike wortels? Daar is twee maniere: deur daagliks tyd saam met God en weekliks tyd in 'n kleingroep saam met ander gelowiges te deur te bring. Jy moet tyd alleen saam met God deurbring, en jy moet tyd saam met ander gelowiges deurbring.
As jy nie daagliks tyd saam met God deurbring nie, gaan jy verdroog en wegwaai wanneer die druk erg is. Jy sal dit nie kan hanteer nie. Jy moet gedurende jou daaglikse tyd saam met God tyd maak om te luister. Jy moet sit en stilbly. Jy moet die Bybel lees en met God praat. Speel 'n bietjie musiek. As jy daarvan hou om in 'n dagboek te skryf, doen dit. Wat dit ook al verg om op God te fokus, doen dit!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.