Om Die Stem Van God Te HoorVoorbeeld
Besluit Om "Ja" Te Sê Voordat God Praat
Lees vandag se Bybelvers.
God praat met mense wat besluit hulle gaan doen wat Hy vir hulle sê om te doen, selfs voordat Hy dit vir hulle sê. Dis om te sê: "Vader, as U wil hê dat ek moet beweeg, sal ek beweeg. As U wil hê ek moet trou, sal ek trou. As U wil hê ek moet hierdie werk verlaat, sal ek hierdie werk verlaat. Selfs voordat U my nog sê, is my antwoord "ja". Wat U ook al wil hê ek moet doen, dit sal ek doen."
Lukas 8:15 sê: "Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
Ek het hierdie gelykenis van Jesus bestudeer en dink dit het van vier soorte mense gepraat: diegene wat weerstandig is, diegene wat oppervlakkig is, diegene wat besig is en diegene wat goed is.
Hierdie gelykenis verteenwoordig egter vier gesindhede. Jy kan al vier gesindhede op dieselfde dag hê! Een oomblik is jou reaksie: "Vader, ek wil U nie hoor nie, want ek weet wat U gaan sê." En die volgende oomblik sê jy: "Here, sê my gou." Dan hoor jy dit en dink dit is goed, maar jy doen niks daaromtrent nie. Miskien begin jou lewe vrug dra, maar dan raak jy so besig met jou werk of skool of jou kinders, en die onkruid begin groei. Op ander geleenthede sê jy: "Vader, wat U ook al wil hê sal ek doen."
God wil hê dat jy 'n gesindheid van gehoorsaamheid moet hê sodat jy vrug kan dra – die Bybelse betekenis om suksesvol te wees. God wil hê jy moet vrugbaar wees in jou besigheid, jou gesin, jou vriendskappe, jou verhouding met God en met ander en met jou gesondheid.
Hoe dra jy vrug wanneer God vir jou iets sê? Jy vertel iemand. Wanneer God vir jou iets sê, is die vinnigste manier om dit in jou lewe te laat vrug dra, om iemand anders te vertel wat jy geleer het.
'n Ander vertaling van Lukas 8:15 sê: "Hulle is mense met 'n goeie en opregte hart wat God se boodskap hoor, daaraan vashou en konstant 'n groet oes oplewer" (NLV). God wil hê dat jy aan ander moet oordra wat jy leer.
Hierdie is 'n Rick Warren oordenking © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.
More
Hierdie oordenking deur Rick Warren © 2014, word gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.