Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 25 VAN 25

'n Seun is Aan Ons Gegee

In breë trekke gestel: God is alomteenwoordig. Dit beteken dat Hy daar is waar ons ook al gaan. As ons God regtig by ons wil hê, en meer spesifiek, as ons wil hê Hy moet in ons harte woon, moet ons wegdraai van ons sonde en in Hom glo.

Die pragtige babatjie in die krip het met 'n spesifieke doel gekom — om vir die sonde van die wêreld te sterf. Jesus se geboorte het plaasgevind, sodat sy dood kon plaasvind en Hy uiteindelik uit die dood kon opstaan. Hy is gebore om te sterf, sodat ons kan lewe.

Persoonlik is ek vertroud met die pyn wat gepaardgaan met die dood van 'n kind. Ek dink daar is nie 'n erger pyn vir 'n ouer as dit nie. God is vertroud daarmee. Hy weet hoe dit voel om 'n kind te verloor. Ons praat oor Jesus se offer, en met regte, hoe Hy aarde toe gekom het, sy voorregte van Goddelikheid neergelê het, en vrywillig aan die kruis vir ons sonde gesterf het. Ons moet egter nie die offer van die Vader vergeet wat moes toekyk hoe sy Seun aarde toe kom nie.

Jesaja 9:5 som dit so mooi op: "Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors."

Dit gee vir ons die perspektief van beide die hemel en die aarde. Vanuit die aarde se perspektief is 'n Kind vir ons gebore. Dis wat ons met Kersfees vier. Vanuit die hemel se perspektief is 'n Seun aan ons gegee. Die Vader het die Seun gestuur. Hy het dit gedoen omdat Hy vir ons almal lief is en wil hê dat ons die volmaakte geskenk moet kry: die geskenk van die ewige lewe. Dis die geskenk wat aanhou gee.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org