Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Waaroor Kersfees Gaan
As ons deesdae ons wêreld aanskou, besef ons dat 'n deel van die belofte in Jesaja 9:6 nog nie volbring is nie. Die Seun is aan ons gegee. Die Kind is gebore. Hy het egter nog nie die heerskappy op sy skouers geneem nie. Ons het nog nie vrede met oordeel en geregtigheid nie. Die goeie nuus is egter dat daar 'n dag sal kom wanneer Christus terugkom. Hy sal sy koninkryk hier op aarde vestig. Dit sal dan die regverdige regering van God self wees.
Voordat Jesus die heerskappy op sy skouers kon neem, moes Hy eers die kruis op sy skouers dra. Voordat Hy die kroon van heerlikheid as die Koning van konings kon dra, moes Hy eers die vernederende kroon van dorings dra en sy lewe vir die sonde van die wêreld opoffer. Die eerste keer het 'n ster sy koms aangekondig. Die volgende keer wanneer Hy kom, sal die hemel soos 'n boekrol oopvou, al die sterre sal uit die lug val, en Hyself sal die lig wees.
Christus het aarde toe gekom. God het nader aan ons gekom sodat ons nader aan Hom kan wees — om sodoende 'n doel en betekenis aan jou lewe te gee, om jou sonde te vergewe en om jou die hoop van die hemel anderkant die graf te gee. Kersfees gaan nie oor versierings of inkopies nie. Kersfees gaan nie oor geskenke onder die Kersboom nie. Dit gaan eerder oor die geskenk wat aan die kruis gegee is, toe Christus daar vir jou en my sonde gesterf en aan ons die geskenk van die ewige lewe gegee het.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More