Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 22 VAN 25

Wat God Kan Doen

Ons samelewing het nie regtig antwoorde vir al die probleme wat ons vandag in ons land in die gesig staar nie. Ironies genoeg, lyk dit of ons samelewing alles in sy vermoë doen om die een te ondergrawe wat ons kán help, naamlik Jesus Christus.

Daar is mense in ons regstelsel wat gewoonte-oortreders is. Daar is regters wat verkeerde besluite neem. Daar is gesinne wat verbrokkel. Al hierdie bydraende faktore veroorsaak 'n samelewing wat baie min of niks kan doen om 'n mens se hart te verander nie. Rehabilitasie is meestal onsuksesvol. Die enigste programme wat lyk of dit blywende verandering teweegbring, is op geloof gebaseer. Meer spesifiek, dié wat deur Christene bedryf word en wat mense aanmoedig om in Jesus Christus te glo. Die samelewing het nie antwoorde nie.

Jesus het twee manne ontmoet wie se lewens deur die Satan beheer en vernietig is. Die samelewing het nie die antwoorde gehad nie. Toe kom Jesus, die Verlosser. Wat het Hy gedoen? Hy het in die begraafplaas na hulle gaan soek en hoop aangebied. Om die waarheid te sê, Lukas se weergawe van die verhaal vertel vir ons wat met een van die manne gebeur het wat vrygemaak is: "Die mense gaan kyk toe wat gebeur het. Hulle kom by Jesus en daar kry hulle die man uit wie die bose geeste uitgevaar het. Hy sit by die voete van Jesus, met klere aan en by sy volle verstand, en hulle het bang geword" (Lukas 8:35). Hoekom was die mense bang? Hulle het nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Die man was totaal herskep. Hulle kon hulself nie indink hoe 'n man soos hy op so 'n dramatiese manier kon verander nie.

Dis so 'n wonderlike gebeurtenis wanneer Christus iemand se lewe herskep, dat jy nie eens kan onthou hoe hulle voorheen was nie. Jy besef dit is die krag van 'n lewe wat herskep is. Dis presies wat God kan doen.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org