Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Sleg vir jou Besigheid?
'n Mens sou dink dat, na Jesus se wonderwerk toe Hy bose geeste uitgedryf het uit twee mans wat gewelddadig deur hulle onderdruk is, sou die mense in die omgewing sê: "Jesus, U is groot! Ons hou vreeslik baie van wat U gedoen het! Nou kan ons uiteindelik na die begraafplaas gaan om aan ons geliefdes eer te bewys en blomme op hul grafte te sit. Ons wou nie voorheen naby die begraafplaas kom nie. Hierdie manne was skrikwekkend. Dankie Here, dat U na ons gemeenskap toe gekom het." Dit is egter nie wat gebeur het nie. In plaas daarvan, wou hulle hê Hy moes weggaan. Hoekom? Jesus se teenwoordigheid was sleg vir hulle besighede.
Jesus het die bose geeste uit die mans gedryf, wat toe in 'n trop varke gevaar het. Die trop het teen die hang af op loop gesit, die see in. Ek weet nie of die eienaars van die varke Jode was nie, want dit sou nie juis gepaste diere vir Jode wees om mee te boer nie. Die eienaars het uit die varke geld gemaak, dus het hierdie besigheid skipbreuk gely. Einde van die storie. Hulle het dus gedink: "Ons hou nie hiervan nie. Dis sleg vir ons ekonomie. Gaan weg."
Vir sommige mense is Jesus se teenwoordigheid sleg vir hulle besighede. Sulke besighede is gewoonlik dié wat geld maak uit menslike lyding — of selfs daartoe bydra. Indien jy agterkom dat Jesus se teenwoordigheid sleg vir jou besigheid is, moet jy 'n ander werk soek.
In die streek van die Gadareners het die mense dus besef dat Jesus nie goed was vir hulle besighede nie, daarom wou hulle hê Hy moes weggaan. Die Evangelie van Matteus vertel ons: "Die hele dorp het Jesus tegemoet gegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom ernstig versoek om hulle gebied te verlaat" (Matteus 8:34). Raai wat het Jesus gedoen? Hy het weggegaan.
Jesus sal Homself in niemand se lewe indwing nie, ook nie in joune nie. Het jy Hom al ingenooi?

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More
Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org