Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Binne Perke
Wanneer jy jou geloof in Jesus Christus plaas, word daar vir alle praktiese doeleindes 'n teken om jou nek gehang wat sê: "Onder nuwe bestuur". Jy behoort nou aan Jesus Christus en Hy funksioneer nie volgens 'n tyddeelskedule nie. Is dit nie goed om te weet nie? Hy sê nie: "Wonderlik, nou het ek vir Greg vir ses maande en die duiwel kan hom vir die volgende ses maande kry" nie. Dis nie wat gebeur nie. Wanneer ons ons geloof in Christus plaas, kom Hy as die alleenheerser in ons harte woon.
Alhoewel 'n Christen nie van die duiwel besete kan wees nie, kan die duiwel 'n Christen uiterlik beïnvloed. Byvoorbeeld: duiwels kan 'n Christen in die versoeking lei en verdruk. Die apostel Paulus het as volg geskryf: "... Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil hê dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor sê nie, selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan" (2 Korintiërs 12:6,7). Die woord "slaan" verwys hier daarna om iemand in die gesig te slaan. Paulus sê dus eintlik: "Ja, die duiwel val my aan, maar daar is goeie nuus: God sal my nooit meer laat verduur as wat ek kan hanteer nie."
Die Bybel sê ook in Jakobus 2:19: "Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook — en hulle sidder van angs." Net omdat jy glo dat iets waar is, beteken nie dat jy jouself daartoe verbind het nie. Duiwels is na regte in rebellie teenoor God.
God het toegelaat dat die Satan vir Paulus verdruk. God kan dus die duiwel toelaat om jou in die versoeking te stel of jou op een of ander manier te pla. Onthou net dat Hy jou nie meer sal laat verduur as wat jy kan hanteer nie. Dis slegs die krag van Jesus Christus wat die duiwel kan keer. Hy is ons enigste beskerming. Hy is die Een wat ons nodig het.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More