Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 21 VAN 25

Kersdag is 'n tyd vir vreugde. Dit gaan ongelukkig ook vir my gesin gepaard met hartseer, want op daardie dag is ons intens bewus van Christopher se afwesigheid.

Dit moet ek jou sê, hy was mal oor Kersfees! Dit was altyd vir hom iets besonders toe hy 'n seuntjie was. Toe hy 'n pa geword het, wou hy dit ook iets besonders vir sy dogters maak. Hy was altyd so bedagsaam in die keuse van geskenke en het hulle dikwels self gemaak, wat altyd spesiaal was. Hy kon geskenke ook baie mooi toedraai, wat ek weer glad nie kan doen nie.

Daardie eerste Kersnag, terwyl die skaapwagters hulle skape opgepas het, het die engel vir hulle goeie nuus gebring: "... Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is" (Lukas 2:10).

Dis hoe die hemel daardie eerste Kersfees gevier het. Op daardie heilige nag, het die hemel vir 'n kortstondige oomblik aarde toe gekom. Hemel en aarde bestaan gelyktydig, maar soms kom dit voor dat hulle ver van mekaar verwyderd is en ander kere slegs deur 'n dun sluier geskei is. Wanneer iets tragies gebeur, wanneer siekte voortduur, kan die hemel baie ver voel.

Wanneer ons egter saam met die engele aanbid en God in sy grootheid aanskou, kan die hemel baie, baie naby voel. Vir ons as gelowiges is die hemel nou net 'n hartklop ver. Dawid het dit so gestel: "... daar is maar net een tree tussen my en die dood" (1 Samuel 20:3).

Kersfees is baie beter in die hemel as op die aarde. Daar is dit pure plesier. Geen vonkelende liggies nie, maar die helder lig van die hemel self. Geen nagemaakte engeltjies aan 'n boom nie, maar oral die regte, heilige engele van God.

Weet jy, daar is vrede in die hemel. Op aarde is daar oorlog. In die hemel is daar volkome eensgesindheid. Op aarde is daar dikwels wrywing tussen familie en vriende. In die hemel is daar feesviering en volmaaktheid. Op aarde is daar vetmakende kos en middellywe wat al groter word.

Ons hoef nie hartseer te wees oor ons geliefdes wat Kersfees in die hemel vier nie, maar ons is hartseer oor hulle afwesigheid op aarde.

Onthou dus vandag om jou geliefdes op aarde te laat weet hoe lief jy vir hulle is. Sê dit vir hulle. Jy weet nooit of ek of jy of 'n geliefde, volgende Kersfees in die hemel gaan wees nie.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org