Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 19 VAN 25

God se Geskenk aan Ons (Deel 2)

Ons vier Kersfees om bly te wees oor God se kosbaarste geskenk aan ons. Die geboorte van Jesus Christus is 'n geskenk van God, wat in eenvoudige geskenkpapier toegedraai is, asook 'n geskenk wat ons nie verdien nie.  Die geskenk van Christus verduidelik ook sy doel met die mensdom. 

Die geskenk van Christus was nie 'n nagedagte nie.  Lank voor daar 'n stal in Betlehem was, voor Adam en Eva mekaar vir die eerste keer gesien het en selfs voor die tuin van Eden bestaan het, het God besluit om sy Seun, Jesus Christus, te stuur om vir ons sondes aan die kruis te sterf. 

God het van die begin af geweet dat die mensdom nie deel kon hê aan die heerlikheid van God nie.  Dis hoekom die Bybel bekendmaak dat Jesus Christus sedert die skepping van die wêreld af, die Lam is wat geslag sou word (Die Openbaring 13:8). 

God het van die begin af besluit dat Christus aarde toe sou kom om te lewe, te sterwe en weer uit die dood op te staan.  God se geskenk aan ons is 'n bewys van sy doel om ons te verlos.

Kersfees gaan oor dié geskenk: Jesus Christus.  Jesus het na ons toe gekom om dit vir ons moontlik te maak om na Hom toe te gaan. 

Kersfees gaan nie oor versierings, inkopies en geskenke onder 'n kersboom nie.  Kersfees gaan oor die geskenk wat God gegee het, aan die boom waar Christus vir ons sondes gesterf het, en aan ons die ewige lewe as geskenk gegee het. 

Dis wat Hy vermag het.  Dis die geskenk wat Hy gee.  As jy dit ontvang, sal jy die gelukkigste Kersfees ooit beleef.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org