Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 18 VAN 25

God se Geskenk aan Ons (Deel 1)

Wanneer jy 'n kind is, gaan Kersfees oor die ontvang van geskenke. In Desember draai daar in jou kop net beelde van jou gunsteling speelgoed rond. 

Die ware boodskap van Kersfees is egter nie die geskenke wat ons vir mekaar gee nie. Die ware betekenis is die geskenk wat God vir ons gegee het, sy Seun Jesus Christus. 

Gedurende die volgende twee dae, wil ek vir jou drie dinge uitwys oor die geskenk wat God vir ons in daardie kleine krip in Betlehem gegee het.

Die eerste ding waarvan ons van God se geskenk aan ons bewus moet word, is dat dit beskeie toegedraai na ons toe gekom het.  Sommige mense doen ekstra moeite om geskenke pragtig toe te draai.  God se geskenk het egter nie in pragtig versierde geskenkpapier na ons toe gekom nie, maar in 'n vuil krip, in 'n koue grot, in 'n onbekende dorpie met die naam Betlehem. 

Dit is die wonder van Kersfees.  Jesus het sy plek in die krip ingeneem sodat ons 'n woning in die hemel kan kry.  Die Verlosser was nie in satynlakens toegedraai nie, maar in doeke.  Die grootste geskenk het eenvoudig toegedraai daar in die krip gerus.

Die tweede punt wat ek wil maak oor God se geskenk aan ons, is dat ons dit nie verdien nie.  Dink hieroor: God het vir ons die grootste geskenk, sy Seun Jesus Christus gegee, terwyl ons nog teen Hom gesondig het (lees Romeine 5:8).  

Ons het hoegenaamd niks gedoen om sy geskenk te verdien nie.  Dit is die wonderlike waarheid van Kersfees.  Ten spyte van wie ons is, het God sy Seun gestuur "... sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16 NLV).

Met Kersfees om die draai, begin nou om jou hart voor te berei vir die viering van ons Verlosser se geboorte.  Dink na oor die feit dat Jesus gebore is om te sterf, sodat ons kan lewe.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org