Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Moenie Kersfees Misloop nie
"Lofsing die Heer, buig voor Hom neer; bewys aan Hom die eer. Laat elke mond Hom loof en prys en Hom erken as Heer."
— Lofsing die Heer
Dis Kersfees, moenie die doel van hierdie viering misloop nie. Moenie soos die herbergier wees, wat Jesus gemis het omdat hy te besig was nie (Lukas 2). Ruim vir die Here tyd in. Moenie soos koning Herodes wees, wat te bang was om Christus toe te laat om sy lewe te beheer nie (Matteus 2). Gee jou hart vir Christus. Ten slotte, moenie jou lewe leef soos die Romeinse Ryk, wat Kersfees misgeloop het omdat ander gode die plek van Christus in hulle lewens ingeneem het nie. Moenie enigiets anders toelaat om die plek van jou aanbidding van Jesus Christus in te neem nie.
Op Kersoggend gaan ons geskenke oopmaak, maar uiteindelik sal die nuwigheid vervaag. Die geskenk wat eens op 'n tyd vir jou so kosbaar was, sal uiteindelik in die kas beland, stof vergaar of vir iemand anders gegee word. 'n Nuwer model of weergawe van jou nuutste toestel sal binnekort op die mark verskyn. Een wat 'n beter kamera het, wat kleiner is, vinniger werk of 'n battery met 'n langer leeftyd het. Mettertyd sal jy van jou Kersgeskenk vergeet. God het egter vir ons die allerbeste Kersgeskenk gegee — sy Seun, Jesus Christus.
Moenie hierdie jaar Kersfees misloop nie. Soos Watts en Handel eens op 'n tyd geskryf het: "Erken Hom as jou Heer."
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More