Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 21 VAN 21

Dit Is Nie die Einde Nie

Hoera! Dag 21. VAT VYF! Jy het dit gedoen! Ek is opgewonde om dit nou te skryf en meer opgewonde dat jy dit lees, want dit beteken jy het 21 dae deurgebring om nader aan God te kom. Ek kan nie wag dat jy sien wat Hy volgende in jou lewe gaan doen nie. Dis die begin van 'n dieper verhouding met Hom en kennis van Hom. 

As 'n moeilike situasie, die behoefte aan 'n deurbraak, 'n opregte begeerte om nader aan God te kom, jou hierdie vas laat doen het, wees dan vol moed en laat die stem van geloof die stem van vrees verdryf! Onthou, vrees kom nie van God af nie, want Hy het jou nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie. In die toekoms moet jy in die dieper water van die lewe beweeg — in afwagting van iets wonderliks wat op die punt staan om te gebeur. 

Hoekom? Jy het die geloof gehad om uit die boot te klim.

Petrus word onthou as die een wat gesink het toe Jesus op die water geloop het om sy dissipels te ontmoet. Hulle het almal nat geword — 11 van die reën en Petrus van seewater — maar ten minste het Petrus die moed gehad om uit die boot te klim! Die res het in die boot gebly.

Jy het jou voete natgemaak met Daniël se vas en ek sê vir jou, wat ook al hierdie vas geïnspireer het, God het 'n deurbraak vir jou. Onthou: bly NEDERIG en onderwerp jou wil aan Syne; vra vir jou SPESIFIEKE behoefte volgens sy Woord; bid AANHOUDEND, al sien jy nie dadelik die resultate nie; en kweek 'n hoopvolle VERWAGTING dat God gaan opdaag, ongeag hoe lank dit vat.

Jesus het die prys ten volle op Golgota betaal, ook vir dit waarvoor jy nou vas en bid. Die werk is voltooi. Jy verdien niks nie; jy ontvang sy gratis geskenk van genade.

Ek sluit af met vandag se Skrifgedeelte. Dis van die beste raad wat die apostel Paulus ooit gegee het, sodat jy kan voortbou op die momentum wat jy opgebou het oor die laaste 21 dae. 

Dis nie die einde nie. Dis maar net die begin


Ek wil graag hoor wat God oor die volgende dae, weke en maande in jou lewe gedoen het. Besoek www.FastLikeDaniel.com om 'n paar ekstra bronne in die hande te kry en deel beslis jou storie van die wonderlike dinge wat gebeur as jy soos Daniël vas! 

Jy het die moed gehad om uit die boot te klim. Dis nou tyd om ander mense nader aan God te bring!

Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com