Vas soos DaniëlVoorbeeld
Neem Aksie
Vandag word 'n strik gestel.
Jy is besig met die Daniël-vas, jy lees die oordenking en maak tyd vir God deur gereeld drie keer 'n dag te bid — daardie dinge gaan veroorsaak dat jou vyande hul verskyning gaan maak.
Ek beskryf natuurlik Daniël se lewe. Jy gaan nou lees hoe Daniël se vyande vir hom 'n strik gestel, en hy daarin geval het. Hulle kry alles wat hulle wil hê. Daniël is op pad na sy ondergang — in die leeukuil in.
Kan jy jou dit voorstel: hulle neem foto's met hul selfone en plaas dit op Instagram en Facebook, deel stories op Snapchat en plaas dit selfs op Twitter met 'n huilgesiggie by Daniël se gesig, met die hutsmerk #leeukuil#uitgevang.
Behalwe vir een klein dingetjie: die oomblik van hulle grootste oorwinning was God se oomblik toe Hy 'n ongeëwenaarde geleentheid vir Daniël skep. Uitgevang!
Jy gaan sien dat die koning van 'n heidense nasie so baie deur die krag van God in Daniël se lewe beïnvloed is, dat hy vir Daniël se lewe vas en bid. Kan jy dit glo??? Hoe is dit eens moontlik?
Ek glo die rede is omdat Daniël sy verdediging gebruik het vir sy aanval.
Die basketbal kampioene van 2017, die Golden State Warriors, het hulle verpletterende verdediging gebruik om hulle aanval te loods. Elke keer as hulle die opponerende span gestop het, 'n doel gekeer of die spel omgekeer het, het hulle oor die baan gehardloop om maklik punte aan te teken voordat hulle opponente iets kon doen.
Hulle het nie net verdedigend gespeel in die hoop om te keer dat die ander span punte aanteken nie; hulle het hulle verdediging gebruik om geleenthede vir aanval te skep.
Dis waarop dit in die Christen se lewe neerkom: dis nie genoeg om net te probeer om nie soos die wêreld te word nie. Jou verskille moet so duidelik sigbaar wees vir die mense om jou, dat dit 'n geleentheid vir God skep om sy werk te doen.
Ons kan nie die wêreld verander as ons wegkruip nie; ons moet sigbaar wees. Wanneer ons lewens anders is omdat ons vrede of vreugde te midde van probleme het, is dit die perfekte geleentheid om verdediging na aanval te verander, deur vir hulle te wys wie God is en hoe Hy in ons lewens werk.
Ware sterre kompeteer nie met ander sterre nie, want hulle verstaan dat daar genoeg ruimte in die lug is vir almal om te skyn.
Skep jou verdediging geleenthede vir aanval? Indien nie, is dit tyd om jou spel daarvolgens aan te pas.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.
More