Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 15 VAN 21

Die Leeukuil

Ons dink soms as ons dinge op God se manier doen, dat ons nooit probleme sal ondervind of in moeilike situasies beland nie.

ONWAAR

Daniël was 'n toegewyde man om te vas en bid en uiters getrou aan God. Vandag gaan jy egter lees dat sy vyande vir hom 'n strik gestel het om hom te vernietig deur middel van dit wat hom van hulle onderskei het: sy toegewydheid aan God. Daniël het die regte ding gedoen deur God ten volle te dien — en dit het hom in die leeukuil laat beland.

Moes God dit nie gekeer het nie? As God regtig aan Daniël se kant was, dink jy nie Hy sou die manne gekeer het om sy kind, Daniël, amper dood te maak nie? 'n Mens sou dink as enigiemand van sulke probleme gespaar moes word, dat dit iemand moes wees wat soos Daniël bid, nie waar nie? Dis egter nie die verhaal in die boek Daniël nie — of dikwels ons lewens nie.

Daniël het 'n goeie kans gehad om God te verteenwoordig; nie deur sy afspraak met die leeukuil te omseil nie, maar om eerder daarin gegooi te word.

Wat sal gebeur as ons ons energie en gebede wegskuif daarvan om God se hulp te vra om ons probleme te vermy, en Hom eerder te vra om sy krag te midde daarvan te wys? Dis mos eintlik wat Hy herhaalde kere in die boek Daniël doen — God daag op en die magtigste konings van die wêreld moet in nederigheid voor sy reddende krag buig.

Jesus het vir ons gesê: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" (Johannes 16:33). Ons gaan "leeus" teëkom, dis vir seker. Die vraag is: "Wat gaan ons daaromtrent doen?" Gaan jy God se goedheid in twyfel trek omdat jy in 'n moeilike situasie is? Of gaan jy om 'n geleentheid bid waar Hy Homself te midde van jou probleme kan bewys?

God wil hê dat gebed soos 'n stuurwiel en nie 'n spaarwiel moet wees nie. 

As jy gebed net as 'n laaste uitweg sien, in plaas van jou eerste keuse, wil ek jou aanspoor om vandag soos Daniël te begin bid — nederig, spesifiek en aanhoudend. Bid voor die tyd, in die stryd en na die tyd. Moet Hom nie net vra om probleme van jou af weg te hou nie; vra Hom om die mense om jou te verbaas as jy uit die "leeukuil" kom en vereer Hom dan.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com