Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 17 VAN 21

Bly in Afwagting

Ek haat dit om te wag. Ek hou nie daarvan om in 'n ry te staan en wag nie, ek verafsku vertraagde vlugte, stadige hysers en verkeersknope. Die enigste ding waarvoor ek nie omgee om te wag nie, is my vrou. Sy is dikwels 'n bietjie laat, maar sy is altyd betyds. Stem julle saam?

Die probleem is dat ons dikwels vir God moet wag om ons gebede te beantwoord. 

God se tydsberekening is nie dieselfde as ons s'n nie en daar is net mooi niks wat ons kan doen om Hom aan te jaag nie — of Hom te vertraag nie. Sy tydsberekening is altyd perfek, want sy gedagtes is nie ons gedagtes nie, en ons optrede nie soos Syne nie (Jesaja 55:8-9). Sy tydsberekening is baie meer akkuraat as dié van die beste Rolex horlosie.

Die versoeking is dalk groot om te dink dat "diep geestelike" mense vinniger antwoorde van God kry — as ons dus "diep geestelik" raak, kan ons dinge dalk 'n bietjie versnel. Jy sal in vandag se leesstuk sien dat dit egter nie so is nie.

Hierdie diep geestelike man het vir drie weke gebid en gevas, en tog het hy niks gehoor nie … totdat die engel Gabriël self opdaag om vir Daniël die antwoord te gee. Die engel sê vir hom dat God al op die eerste dag sy antwoord gestuur het — maar dit is van Daniël weerhou. Daniël moes een en twintig dae wag om dit te kry.

Let op dat Daniël nie mismoedig geraak of sy gesindheid van afwagting verloor het toe hy nie dadelik sy antwoord gekry het nie. Hy het net aanhou vas en bid.

Ek weet van mense wat jare lank vir hulle antwoord moes wag. Kyk na Abraham se lewe — hy het vir dekades gewag en tog het sy geloof nie gewankel nie. Hebreërs 11:13 sê die helde van geloof, soos Abraham, het nog steeds in geloof gelewe toe hulle gesterf het, al het hulle nie die dinge gekry wat God belowe het nie, maar dit net van ver af gesien. Hulle het vir jare en dekades in afwagting gebly. 

Ek wil hê mense moet dit van my sê — nie omdat ek wil wag nie, maar omdat God se antwoorde altyd die moeite werd is om voor te wag.

Hierdie leesplan is drie weke lank. Ons kan tog seker vir drie weke lank in afwagting bly, nie waar nie? Jy gaan dalk nie drie weke vir jou antwoorde wag nie, of dit kan langer wees. 'n Deurbraak is wel op pad. Hou jou oë op Hom gevestig, nie op die almanak nie. Hou aan vas en bid en wees 'n voorbeeld. Moenie hoop verloor nie my vriend, en bly in afwagting. 

God se antwoorde is op pad.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com