Vas soos DaniëlVoorbeeld
Wat Gaan in jou Hart aan?
Geloof wat op die verkeerde doel gerig is, is waardeloos. Geloof wat net op jouself, jou welstand, jou seëninge en 'n gemaklike lewe fokus, is misplaas. Dit sal nie goeie vrug dra nie.
Ek kan ontelbare stories vertel van mense wat in my kantoor gesit, en op die oog af gelyk het asof hulle in beheer was. Tog, toe hulle lewens begin skeefloop, moes hulle erken dat hulle na die verkeerde doelwitte op pad was. Hulle het nie net na die verkeerde doelwitte gemik nie, hulle het ook hul bedrog erken omdat hulle nie werklik verhoudings met God gehad het nie. Hulle was net mooi vrugtebome — sonder vrugte.
Hulle het nie net geen vrug gedra nie, hulle wortelstelsels was vlak en het die nodige bestanddele kortgekom wat hulle kon onderhou. Hulle pragtige vrugtebome was, as gevolg van hongersnood, op die randjie van 'n aaklige dood. Hulle geloof was nagemaak, 'n geloof wat op valshede gebou is. Net mooi om na te kyk en niks meer nie.
God is nie gesteld op voorkoms nie. Hy kyk nie na die uiterlike nie, Hy kyk na die hart. In vandag se leesstuk gaan ons uitvind wat Hy vir die profeet Jesaja gesê het — Hy openbaar die volk se skynheiligheid. Hulle het voorgegee om die regte ding te doen, maar hulle harte was ver van Hom af.
Wat gaan in jou hart aan? Jy kan dit só beoordeel: vra vir God om jou hart te ondersoek en soek na sy vrug in jou lewe — dinge soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Ek sê nie jy moet iets doen om weer in ruil daarvoor iets van God te verdien nie. Ek sê wel dat geloof sonder werke dood is.
My bedoeling is nie om jou skuldig te laat voel nie, alles behalwe, want daar is geen veroordeling vir hulle wat in Jesus Christus is nie. Ek wil tog hê dat jy jouself ondersoek — en wees gewillig om moeilike vrae te beantwoord.
Indien jou vastyd net 'n godsdienstige oefening was, is dit nog nie te laat om berou te toon en om vergifnis te vra nie. Vra vir God om jou te help om jou vastyd een van goeie geestelike vrug te maak, in plaas van 'n godsdienstige oefening. As jy dit doen, "sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag." Dit is God se belofte in vandag se Skrifgedeelte.
Ek sien uit daarna om te hoor van die vrug van God wat in jou lewe voortgebring word! Deel asseblief jou stories en ervarings oor hierdie vastyd by www.fastlikedaniel.com of stuur 'n e-pos na stories@fastlikedaniel.com.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.
More