Vas soos DaniëlVoorbeeld
Genade, van Begin tot Einde
Verwag jy om God se stem te hoor? Wag jy dat Hy antwoord wanneer jy bid? Laat ek dit duidelik stel: jy gaan nie sy antwoorde hoor as jy nie verwag dat Hy met jou gaan praat of jou geestelike ore gaan oopmaak om te luister nie.
So baie mense dink dat God nie meer deesdae met ons praat nie, asof Hy keelseer het en net iewers in die verlede opgehou het om met mense te praat. Niemand het daarvoor tyd nie. Sommige mense is so geleer en ander dink dat dit nie met hulle kan gebeur nie — asof God net met belangrike kerkleiers praat en dit die uitsondering is.
Praat God met gewone mense soos ek en jy?
Ja! Dit gebeur. Hy verander nooit en Hy het nooit opgehou om met sy volgelinge te praat nie.
Ons het egter dikwels opgehou om te luister!
Kom ek skets vir jou die toneel. Kom ons sê my vrou se naam is Debbie. Ek bel vir Debbie, haal diep asem en in hierdie een asemteug vertel ek vir haar hoe my dag was, alles wat ek wil hê sy moet weet, my inkopielys, my bekommernisse oor ons twee seuns en uitdagings by my werk — en dan beëindig ek onmiddellik die oproep.
Watter soort gesprek was dit? 'n Goeie een? Beslis nie — as dit is hoe ek altyd met my vrou praat, sal sy my later roskam en vra: "WAT WAS DIT?!"
Hoekom doen ons dit dan met God?
In vandag se leesstuk gaan ons sien hoe geweldig geduldig God met ons is aan die hand van hoe God vir Elia geleer het om sy stem te hoor. Elia het baie wonderwerke verrig — daar was 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het, maar die Here was nie in die wind nie. Na die wind was daar 'n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur, maar ook in die vuur was die Here nie.
Na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.
As jy nie luister nie, kan jy nie maklik 'n fluistering hoor nie.
Luister jy? Of tel jy net die foon van gebed op, bel vir God, laai al jou sorge af, gee Hom jou taaklysie en beëindig dan die oproep?
Ek wil jou vra jou om in hierdie vastyd te verwag om God se fluisterstem te hoor. Jesus het gesê sy skape — dis almal van ons — hoor sy stem. Hy het nie ophou praat nie en jy het nog nooit regtig gevas en gebid totdat jy dit gedoen het met 'n verwagting dat God jou sal antwoord nie.
Hy het vandag 'n woord vir jou: "Bedaar en erken dat Ek God is" (Psalm 46:11).
Luister nou.
Aangaande hierdie leesplan
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.
More