Vas soos DaniëlVoorbeeld

Fast Like Daniel

DAG 20 VAN 21

Vir 'n Tyd Soos Nou

Hoekom het jy met hierdie leesplan begin? 

Jy het dalk hierdie vas begin omdat jy dringend 'n deurbraak in 'n moeilike situasie nodig het, maar vandag se leesstuk vra 'n gewigtige vraag: "Wat as jy presies is waar jy behoort te wees, omdat jy hier is vir 'n tyd soos nou?"

Wat ek bedoel: as jy die ergste verwag, gaan jy dit heel moontlik ervaar — of ten minste iets ongewens. Wat as jy egter jou verwagting verander van vrees en verskrikking na vreugde en geloof? Sou jy deur 'n moeilike tyd kon gaan terwyl jy God vertrou, en waag om te doen wat jou bang maak, terwyl jy weet dat God by jou is?

As dit die geval is, sal jy dalk verras wees oor watter wonderlike dinge God deur jou wil vermag!

Vandag lees ons van Ester, wat haar eie "tyd soos nou" beleef het. Sy kon sterf as sy doen wat God haar gelei het om te doen, maar aan die ander kant was sy in 'n posisie om iets te doen wat niemand anders kon doen nie.

Wat as jy jou situasie ook so beskou? Jy gaan dalk nou deur iets moeilik, maar wat dit ook al is, dit kan vir jou 'n geleentheid gee om God te vertrou om jou te help soos nog nooit tevore nie.

Ester het haar moeilike keuse met vas en gebed aangepak (klink dit bekend?) en God het haar gebruik om sy volk te red. Wat sou God deur jou wou doen — in jou omstandigheid of iemand anders s'n? 

As jy die tyd van vas en gebed gaan gebruik om 'n hoopvolle verwagting van God se goedheid te kweek, sal jy jou hart voorberei vir sy guns en sy deurbraak in jou lewe.

Ek hou baie van wat God vir sy volk in 2 Kronieke 20:17 gesê het — "Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees."

Neem jou posisie in — op jou knieë in vas en gebed — met nederige, spesifieke, aanhoudende afwagting en sien die deurbraak wat die Here jou gaan gee. Jy is immers hier vir 'n tyd soos nou.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel

Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com