Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 21 VAN 21

Wat behoort die gelowige se verhouding met die Woord van God te wees?

In Kolossense 3:16 sê Paulus: "Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly." Dit is die Woord, die Woord wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, die geopenbaarde woord wat Hy in die wêreld gebring het. "Bly" beteken om "in julle te woon" of "om tuis te wees" en "volle rykdom" verwys ook na "oorvloedige of buitensporig ryklik". Die Skrif behoort dus elke faset van die gelowige se lewe te deurdring en elke gedagte, woord en daad te beheer (Psalm 119:11, Matteus 13:9, Filippense 2:16, 2 Timoteus 2:15).

Hierdie begrip is soortgelyk om met die Gees vervul te wees soos in Efesiërs 5:18 staan, want die resultaat van elkeen is dieselfde. In Efesiërs 5:18 is die krag en motivering vir al die gevolge om met die Heilige Gees vervul te wees, terwyl die woord in Kolossense 3:16 is om in volle rykdom te bly. Hierdie twee werklikhede is eintlik dieselfde. Die Heilige Gees vul dus die lewe wat deur sy Woord beheer word. Dit beklemtoon dat die vervulling met die Gees nie 'n verruklike of emosionele ervaring is nie, maar 'n bestendige beheer van die lewe deur gehoorsaamheid aan die waarheid van die Woord van God.

"Sing en leer mekaar met liedere wat uit die psalms kom of ander mooi geestelike liedere. Sing met julle hele hart vir die Here" (vers 19 DB). Die vroeë kerk het die psalms gesing. Die Ou Testamentiese psalms was hoofsaaklik gekomponeerde musiek, maar dit is ook algemeen met sang gekombineer. "Liedere" was moontlik lofsange wat van psalms onderskei is omdat dit God verheerlik het aangesien dit op die Here Jesus Christus gefokus was. "Geestelike liedere" was waarskynlik liedere van persoonlike getuienisse wat aan die waarheid van die genadige verlossing in Christus uitdrukking gegee het. "Sing met julle hele hart vir die Here" beteken om dit nie net in die openbaar te doen nie, maar ook in privaatheid.

Die Here self is beide die bron en die voorwerp van die gelowige se hart wat met sang gevul is. Dit het God ook behaag, soos sigbaar is in die verslag van die tempel toewyding waar die sang tot verheerliking van die Here was, wat aandui dat sy heerlikheid neergedaal het (2 Kronieke 5:12,14).

Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV