Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld
As jy jou naaste moet liefhê, wie is dan jou naaste?
Die wetgeleerde in Lukas 10:25 wat vir Jesus gevra het wat hy moet doen om die ewige lewe te beërwe, het die gebooie goed genoeg geken. Toe hy egter vir Jesus vra: "En wie is my naaste?" (vers 29), wou hy "homself regverdig". Dit het die man se eiegeregtige karakter ontbloot, asook sy behoefte om Christus te toets.
Die heersende mening onder die skrifgeleerdes en Fariseërs was dat net die regverdiges jou naaste is. Volgens hulle, was dit die goddelose — wat gerekende sondaars (soos belastinginvorderaars en prostitute), heidene en veral Samaritane insluit — wat gehaat moes word omdat hulle vyande van God is. Hulle het Psalm 139:21, 22 aangehaal om hul standpunt te regverdig. Soos deur daardie gedeelte voorgestel word, is om die bose te haat 'n natuurlike nadraai van geregtigheid. Vir die waarlik regverdige mens, beteken om sondaars te "haat" egter nie 'n kwaadwillige vyandskap nie.
Dit is eerder 'n regverdige afsku van alle optrede wat laag en korrup is — nie 'n moedswillige, persoonlike afkeer van die individu nie. Goddelike haat word dus gekenmerk deur droefheid en 'n gebroke hart oor die toestand van die sondaar. Jesus het hier in hoofstuk 6:27-36 en ook elders (Matteus 5:44-48) daarop uitgebrei dat hierdie haat deur ware liefde getemper moet word. Die Fariseërs het vyandigheid teenoor die goddelose tot die status van deugde verhef, wat dus effektief die tweede grootste gebod tot niet verklaar. Jesus se antwoord aan die wetgeleerde, vernietig dus die Fariseërs se verskoning om hul vyande te haat.
Deur die Leviet, 'n godsdienstige persoon wat die priesters met hul werk in die tempel help, met 'n veragte Samaritaan te vergelyk, wat die gewonde man gered het, het Jesus die wetgeleerde se oorspronklike vraag omgekeer (vers 29). Die wetgeleerde het dus aangeneem ander mense moet hulself as sy naaste bewys. Jesus se antwoord maak dit egter duidelik dat almal 'n verantwoordelikheid het om 'n naaste te wees — veral teenoor dié wat in nood verkeer.
Aangaande hierdie leesplan
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.
More