Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 15 VAN 21

Hoe kan ons met selfvertroue voor versoeking staan?

Kort na 'n onenigheid onder die dissipels oor wie van hulle as die belangrikste beskou moes word (Lukas 22:24), het Jesus vir Petrus gesê: "Simon, Simon" (vers 31). Die herhaling van sy naam (sien 10:41, Handelinge 9:4) is op 'n ernstige en sombere waarskuwingsnoot. Christus het vir Simon die naam Petrus gegee (6:14), maar hier keer hy terug na sy ou naam, waarskynlik om die berisping oor Petrus se vleeslike oorgerustheid te beklemtoon. Hierdie konteks dui aan dat Petrus waarskynlik een van die luidste deelnemers aan die onenigheid was (vers 24).

In Lukas 22:31, sê Jesus: "Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif". Alhoewel Jesus met Petrus praat, geld die waarskuwing vir al die dissipels. Ook in die Griekse weergawe, word die woord "julle" in die meervoud gebruik. Hierdie beeldspraak is eintlik baie toepaslik. Dit stel voor dat alhoewel beproewinge ontwrigtend en ongewens is, het dit 'n nodige suiweringseffek.

Nogtans sê Jesus: "Ek het vir jou gebid" (vers 32) en hierdie keer word in enkelvoud na Petrus verwys. Alhoewel Jesus vir al die dissipels bid volgens Johannes 17:6-19, verseker Hy vir Petrus persoonlik van sy gebede en Petrus se uiteindelike oorwinning. Hy moedig selfs vir Petrus aan om vir die ander 'n bemoediger te wees. "... sodat hulle ook deur die waarheid aan U [Jesus] toegewy kan wees." Petrus het wel later klaaglik misluk, maar hy het sy geloof nooit verloor nie (sien Johannes 21:18-19).

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV