Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 18 VAN 21

Wat het Paulus bedoel met sy waarskuwing "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie"?.

Paulus het hierdie frase in 2 Korintiërs 6:14 gebruik as 'n illustrasie uit die Ou Testamentiese verbod aan die volk Israel om nie in 'n werksverband "'n bees en 'n donkie saam voor 'n ploeg in te span nie" (Deuteronomium 22:10). Met hierdie beeldspraak, leer Paulus hulle dat dit nie reg is om in die gemeenskaplike geestelike omgewing met ongelowiges saam te werk nie omdat so 'n verhouding vir die Christen se getuienis in die liggaam van Christus nadelig sou wees. Dit is onmoontlik vir dinge om tot verheerliking van God gedoen te word onder so 'n reëling (1 Korintiërs 5:9-13, 6:15-18, 10:7-21, Jakobus 4:4, 1 Johannes 2:15). Vir die Korintiërs was dit in besonder belangrik weens die bedreiging van valse profete en die omliggende heidense afgodery. Hierdie opdrag beteken egter nie dat gelowiges alle bande met ongelowiges moet verbreek nie. Dit sou die doel mis waarvoor God gelowiges gered en op aarde gelaat het (Matteus 28:19, 20, 1 Korintiërs 9:19-23).

"Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial?" (2 Korintiërs 6:15). Dit was 'n antieke naam vir die Satan, die onwaardige kwaadstoker (Deuteronomium 13:13). Dit vorm 'n skerp kontras met Jesus Christus, die waardige Een met wie die gelowiges in gemeenskap moet wees. "Hoe kan 'n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode?" (2 Korintiërs 6:16). Die tempel van God (ware Christenskap) en afgode (afgodsdiens, demoniese valse godsdienste) is heeltemal onaanpasbaar. "Weet julle nie dat julle die tempel van God is nie ... ?" (1 Korintiërs 3:16) en die Gees van God woon in elkeen afsonderlik. "Soos God beveel het." Paulus ondersteun hierdie stelling deur na 'n verskeidenheid van Ou Testamentiese verse te verwys (Levitikus 26:11, 12, Jeremia 24:7, 31:33, Esegiël 37:26, 27, Hosea 2:2-3).

Paulus verwys ook na Jesaja 52:11 om verder uit te brei op die opdrag om geestelik afgesonderd te wees. Dit is dus nie net irrasioneel en onterend teenoor God nie, maar ongehoorsaam om aan ongelowiges verbonde te wees. Gelowiges is gered en moet hulself dus losmaak van alle vorme van godsdienste en wegbreek uit alle sondige gewoontes en afgodspatrone. Hulle moet afgesonderd wees "heilig, skuldeloos en sonder smet" (Hebreërs 7:26), wat 'n opdrag aan gelowiges is om soos Christus te wees.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV