Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 16 VAN 21

Wat is God se begeerte wanneer ons gee?

Koning Dawid het vir die bou van die tempel, toegewyde gawes gevra en hy het 'n persoonlike voorbeeld gestel met sy eie vrygewigheid (1 Kronieke 29:3-4). Dawid het sy eie fortuin vir die bou van die tempel geskenk, 'n byna onmeetbare fortuin. Hy het gesê: "Omdat die huis van my God my na aan die hart lê, skenk ek ook nog my besit aan goud en silwer bo en behalwe alles wat ek reeds vir die heiligdom gereed gebring het: honderd en drie ton goud, van Ofir se goud." Hierdie goud was as die suiwerste en beste ter wêreld beskou (Job 22:24, 28:16, Jesaja 13:12). Hierby ook nog 240 ton gesuiwerde silwer waarvan die gesamentlike totale waarde in miljarde rande geskat word.

Terwyl Dawid die volk toespreek, let hy op die frase "vrywillige gawes aan die Here [wat] met hulle hele hart gegee is" (verse 6-9). Hierin lê die kern hoe uit vrye wil gegee moet word, want dis jou gawe wat jy graag wil gee. Tiendes was as belasting ingevorder om die regering, waarvan God die hoof was, te finansier — soortgelyk aan vandag se belasting. Dit was 'n verpligting volgens die wet. Nietemin, is die vrywillige gawe uit die hart aan die Here. Die Nuwe Testament verwys ook na belasting (Lukas 6:38, 2 Korintiërs 9:1-8), nooit egter was die tiende 'n vereiste om aan God te gee nie, maar belasting aan die owerhede is wel 'n vereiste. Die betaal van belasting en die gawes wat jy bereid is om aan God te gee, is gevestig op jou toewyding aan Hom en sy heerlikheid, wat 'n Bybelse vorm van gee is.

Die mense het hulle verheug in hul offergawe aan die tempel: "Hulle het vir die tempeldiens honderd een en sewentig ton goud, drie honderd twee en veertig ton silwer, ses honderd en sestien ton brons en drie duisend vier honderd sewe en twintig ton yster bygedra." Die totale waarde hiervan was verbysterend en is geskat om miljarde rande te beloop. Dawid reageer met lofprysing op hierdie verstommende offergawes, wat 'n uitdrukking van geweldige groot rykdom is, en hy gee ook erkenning dat: "Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het" (verse 10-15). Dawid sê dat God: "die hart ondersoek en dat U opregtheid wil hê" (vers 17). Hiermee erken die koning dat die gesindheid van die hart by verre belangriker is as die bedrag van jou gawes wat jy in jou hand het.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV