Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 19 VAN 21

Hoe is heidene in die familie van God ingebring?

Histories, het heidene (die "onbesnedenes") twee soorte vervreemding ervaar. Die eerste was op sosiale vlak, wat ontstaan het uit die vyandskap wat vir duisende jare tussen die Jode en nie-Jode (heidene) bestaan het. Jode het heidene as uitgeworpenes beskou, voorwerpe van spot en smaad. Die tweede en meer betekenisvolle soort vervreemding was geestelik omdat heidene as volke op vyf verskillende maniere van God afgesny is (Efesiërs 2:11-12).

1) Hulle was "sonder Christus", die Messias, en het geen Verlosser of Redder gehad nie en was sonder enige Goddelike doel of eindbestemming.
2) Hulle was "vreemdelinge buite die statebond van Israel". God se uitverkore volk, die Jode, was 'n volk wie se allerhoogste Koning en Here, God self was, en wie se unieke seën en beskerming net vir hulle bevoordeel het.
3) Heidene was "vreemdes buite die verbondsbelofte" en kon nie deel in die Goddelike verbonde waarin God belowe het om aan sy volk 'n land, 'n priesterskap, 'n volk, 'n nasie, 'n koninkryk en 'n koning te gee nie — en ook nie die ewige lewe in die hemel wat God aan hulle gee wat in Hom glo.
4) Hulle het "geen hoop" gehad nie, want aan hulle is geen Goddelike belofte gegee nie.
5) Hulle was "sonder God in die wêreld". Die heidene het wel baie gode gehad, maar hulle het nie erkenning gegee aan die ware God nie omdat hulle Hom nie wou hê nie.

"Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis" (vers 13 NLV). "Ver weg" was 'n algemene term in rabbynse geskrifte om na die heidene te verwys, diegene wat van die ware God afgesonder was (Jesaja 57:19, Handelinge 2:39). Elke mens wat alleen in Christus vir verlossing vertrou, Jood of heiden, word in geestelike eenheid en intimiteit met God gebring. Dit is die versoening waarvan in 2 Korintiërs 5:18-21 gepraat word. Die versoeningswerk wat deur Christus se dood aan die kruis gedoen is, is die afwassing van die straf van sonde en ook uiteindelik selfs die teenwoordigheid daarvan. "Deur Christus self" (vers 14). Deur sy dood, het Christus die Ou Testamentiese seremoniële wette, "gebooie en bepalings opgehef" (vers 15) wat 'n unieke skeiding tussen die Jode en nie-Jode gemaak het. Die wet van God (soos opgesom in die tien gebooie en wat "in mense se harte geskrywe staan," Romeine 2:15) is nie ongeldig verklaar nie, maar kry volle betekenis in die nuwe verbond omdat dit sy eie heilige aard weerspieël (Matteus 5:17-19).

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV