Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 20 VAN 21

Hoe behou ons die vrede van God in ons lewens?

Paulus sê ons: "Moet oor niks besorg wees nie" (Filippense 4:6). Om jou te kwel en te bekommer, is 'n gebrek aan vertroue in God se wysheid, opperheerskappy of sy krag. Om "in die woord van die Here sy vreugde [te] vind, dit dag en nag [te] oordink" is 'n wonderlike teenmiddel teen bekommernis (Psalm 1:2). "Maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." Alle moeilikhede is deel van God se doeleindes. Danksegging aan God moet alle ware gebede vergesel.

"En die vrede van God ..." (vers 7). Innerlike kalmte en rustigheid word belowe aan die gelowige wat 'n dankbare ingesteldheid het wat op 'n onwankelbare vertroue gevestig is, wetende dat God alles vir sy kinders "ten goede laat meewerk" (Romeine 8:28). "Wat alle verstand te bowe gaan." Dit verwys na die Goddelike oorsprong van vrede. Dit gaan menslike intellek, ontleding en insigte te bowe. "Die wag hou." Dis 'n militêre term wat beteken "om wag te staan". God se vrede staan dus wag oor gelowiges om hulle teen bekommernis, twyfel, vrees of nood te beskerm. "Oor julle harte en gedagtes." Paulus tref geen onderskeid tussen die hart en gedagtes nie — hy het 'n omvattende stelling gemaak wat na die hele innerlike mens verwys. As gevolg van die gelowige se eenwording met Christus, hou Hy met sy vrede oor die innerlike mens wag.

Gelowiges moet dus nadink oor wat waar is (vers 8), wat in God te vinde is (2 Timoteus 2"25), en in die Woord van God (Johannes 17:17). "Alles wat prysenswaardig is, watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees," met ander woorde die heilige teenoor wat boos is. Die gelowige se gedagtes moet in harmonie met God se Goddelike standaard van heiligheid wees en op wat sedelik skoon en rein is. Ook moet gelowiges fokus op wat "edel" en "mooi" is, en dit wat hoog aangeslaan word en reg is. As hulle dus die waarheid van God soos verkondig, tesame met die voorbeeld van daardie waarheid wat hulle by Paulus "gehoor en gesien het" — "God wat vrede gee, sal by julle wees" (vers 9). "Christus is ons vrede" (Romeine 16:20, Efesiërs 2:14), en "Hy het ons deur Christus met Homself versoen" (2 Korintiërs 5:18-20), en gee ons die vrede van God te midde van moeilikhede (vers 7).

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV